Skip to content

Beroemde Italianers Bocelli en Sinner stel roerende enkelsnit vry

# Die wêreld se beste manstennisspeler, Jannik Sinner van Italië, en sy wêreldberoemde landgenoot, die tenoor Andrea Bocelli, het kragte saamgesnoer en ‘n enkelsnit vrygestel, onder die titel Polvere e Gloria wat Stof en Glorie beteken. Die liedjie met Italiaanse en Engelse lirieke word deur Bocelli gesing en bevat uittreksels uit Sinner se wen- en verloortoesprake op die tennisbaan. Die video van die liedjie is in Bocelli se ateljee in Toskane opgeneem, met foto’s uit die twee sterre se kinderjare. Sinner beskryf die ervaring as ‘n groot eer.