The headlines of the leading newspapers on 25 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the South African pharmaceutical industry has warned of a projected general increase in medicine prices of 2.88-percent by October of this year. This marks the second adjustment this year and is due to rising input costs. The industry also warned […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 25 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Suid-Afrikaanse farmaseutiese bedryf het gewaarsku dat hy teen Oktober vanjaar ‘n algemene styging in medisynepryse van 2,88-persent in die vooruitsig stel. Dit is die tweede aanpassing vanjaar en is as gevolg van verhoogde insetkoste. Die bedryf het ook […]
# Rugby: Die slot, Riley Norton, skrumskakels Andre Warner en Ezekiel Ngobeni, en haker Vernon Paulo draf in vanaand se openingswedstryd teen Connacht in Galway, Ierland, die eerste keer vir die Stormers uit. Dis die vleuel Leolin Zas, wat in 2016 die eerste keer vir die Stormers gespeel het, se 100ste wedstryd vir die klub. […]
# Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê Johannesburg het nie ʼn gebrek aan potensiaal nie, maar kort ʼn regering wat daardie potensiaal kan verwesenlik. Hy het gister ondersteuners in die metro toegespreek as deel van die party se veldtog in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Helen Zille is die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg. Hill-Lewis […]
# Die Palestynse president Mahmoud Abbas sê Palestyne in Gaza was blootgestel aan dood, verwoesting, hongersnood, pogings tot ontheemding en ʼn volksmoord-oorlog, terwyl nedersettings in die Wesoewer toeneem. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering via ʼn vooraf opgeneemde video toegespreek nadat sy afvaardiging vir die tweede agtereenvolgende jaar visums na Amerika geweier is. Hy […]
# President Cyril Ramaphosa sê hy sal die land binne dae toespreek oor die regering se stappe om geslagsgeweld en vrouemoord te hanteer. Hy sal ook inligting verskaf oor die ondersoek na die moord op nege vroue in die Ekurhuleni-gebied. Die president het dit gister by die viering van Nasionale Erfenisdag by die Bongolethu-sportstadion in […]
# Krieket: Matthew Breetzke se honderdtal het die Proteas gehelp om Australië met 67 lopies te klop in die eerste eendagwedstryd op Kingsmead in Durban. Hy het die Suid-Afrikaner met die meeste lopies in sy eerste 14 eendagwedstryde geword deur 112 lopies van 106 balle te moker. Marco Jansen het 75 bygedra tot die tuisspan […]
# President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners gevra om te waak teen kragte wat die nasionale eenheid ondermyn. Hy het gister die hoofrede gelewer tydens die nasionale viering van Erfenisdag by die Bongolethu-sportstadion in Oudtshoorn, Wes-Kaap. Ramaphosa het gesê apartheid was in die verlede die land se gemeenskaplike vyand, terwyl die vyand vandag werkloosheid, geslagsgeweld, korrupsie […]
# Motorsport: Lewis Hamilton sê hy hoop Formule Een se geskeduleerde wedrenne in Katar en Abu Dhabi sal voortgaan, ten spyte van die voortdurende Iran-konflik. Die sewemalige wêreldkampioen het gister in Baku gesê, hy wil graag in die Midde-Ooste jaag en vertrou dat Formule Een se uitvoerende hoof, Stefano Domenicali, die regte besluit sal neem. […]