Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig COSATU sal beide die ANC en die SAKP in die plaaslikeregeringsverkiesing steun. Die besluit deur die vakverbond tydens sy nasionale kongres is daarop gemik om eenheid in die federasie te handhaaf. # En die Netwerk24-webblad: Berig ‘n ma van […]
# Die Konstitusionele Hof lewer vandag uitspraak in die ANC se saak oor die Verkiesingskommissie se uitsluiting van kandidaatlyste vir die plaaslikeregeringsverkiesing in ses munisipaliteite. Die hof sal besluit of die ANC se versuim om op die laaste knoppie van die kommissie se aanlyn stelsel te kliek, 181 van sy kandidate van die stembrief gaan […]
# Pous Leo se herstel ná ʼn operasie om ʼn laer lob van sy long te verwyder, verloop soos verwag is. Die 71-jarige pous is met long-klierkanker, ʼn algemene soort kanker, gediagnoseer. Die laer lob van een van sy longe is Dinsdag in Rome tydens ʼn operasie van 90 minute verwyder. Volgens sy dokters kon […]
# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het kommer uitgespreek oor die dodelike skietery in Katlehong in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Vier mense is Dinsdagaand doodgeskiet, onder andere twee lede van die ANC-jeugliga. Drie ander is in die hospitaal. ʼn Verdagte het homself aan die polisie oorgegee en die saak word deur […]
# Die Amerikaanse Kamer van Koophandel in Oekraïne sê Rusland teiken Amerikaanse sakeondernemings in Kiëf, met geen reaksie van die Withuis nie. Russiese missiele en hommeltuie het instellings beskadig van sommige van Amerika se bekendste handelsmerke, insluitend Coca-Cola, PepsiCo, McDonald’s en Oreo. Die kamer se president, Andy Hunder, sê hy vind dit moeilik om die […]
# Die pasverkose COSATU-president, Mike Shingange, het gevra vir eenheid binne die vakbondfederasie en die drieledige alliansie. Hy is gister tydens die federasie se 15de nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng, verkies. Hy het 973 stemme op hom verenig en volg vir Zingiswa Losi op, wat as hoofsekretaris verkies is. Ten spyte van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die dringendste nasionale taak is om sterker groei te bewerkstellig en werk te skep om armoede en ongelykheid aansienlik te verminder. Hy was gister die hoofspreker tydens FEDUSA se agtste nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,2-persent gekrimp, terwyl die amptelike […]
# Die ANC in Gauteng veroordeel gisteraand se moord op twee lede van die party se Jeugliga in Katlehong, Ekurhuleni. Hulle is doodgeskiet toe hulle ʼn partylid se gedenkdiens in die Mogobeng Primary School verlaat het. Vyf mense is gewond. Een verdagte het homself aan die polisie oorgegee. Die koördineerder van die ANC se provinsiale […]
# Sokker: Banyana Banyana is deur na die derde kwalifiserende ronde vir 2028 se Olimpiese Spele in Los Angeles danksy ‘n oortuigende gemiddelde oorwinning van 7-0 oor Madagaskar in Bloemfontein. Suid-Afrika het die tweede wedstryd 3-0 gewen danksy ‘n doel deur Gabriela Moodaly-Salgado en twee deur die plaasvervanger Ronnel Donnelly. 2022 se Afrika-kampioen speel vroeg […]