Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 23 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig onbillike ontslag maak meer as die helfte van die sake uit wat voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie dien. Sektore soos veiligheid, sekuriteit en kleinhandel word die swaarste getref namate ekonomiese druk tot meer personeelverminderings lei. # […]
The headlines of the leading newspapers on 23 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports unfair dismissal cases account for more than half of the matters heard by the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration. Sectors such as safety, security, and retail are hardest hit as economic pressures lead to further staff reductions. # And […]
# Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, ambassadeur Mxolisi Sizo Nkosi, sê die land dring aan op groter Afrika-verteenwoordiging op die VN-veiligheidsraad. Die raad bestaan uit vyf permanente lede en tien tydelike lede wat vir twee jaar verkies word. Afrika het tans verteenwoordiging onder die raad se verkose lede, maar geen permanente setel […]
# Die Wes-Kaapse regering het die minister van Landbou, Willie Aucamp, se voorstel verwelkom dat maatskappye in die privaat sektor toegang kry tot die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom oor entstof teen bek-en-klouseer. Die navorsingsraad se entstof is baie doeltreffend teen die plaaslike bek-en-klouseer-stamme, maar weens vervaardigingsbeperkings kan die raad tans nie genoeg vervaardig nie. Die […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie het kommer uitgespreek oor aanklagte teen die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Hy staar vyf aanklagte in die gesig, insluitend verkragting, mensehandel, bevordering van die seksuele gereedmaking van ʼn kind, en twee van seksuele gereedmaking van ʼn kind. Sibiya word beskuldig dat hy ʼn 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak en […]
# Brasilië se president, Luiz Inácio Lula da Silva, sê sy land sal nie plaaslike of buitelandse inmenging toelaat by wat hy die mense se demokratiese keuse noem nie. Dit kom te midde van toenemende bewerings van buitelandse inmenging by die land se verkiesing in Oktober, waar Lula da Silva sal probeer om ʼn vierde, […]
# Die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis, Micah Reddy, wat deur die owerhede in Djiboeti aangehou is, is gister ongedeerd en sonder enige klag vrygelaat. Hy en sy plaaslike skakelpersoon, Kooki Mahmoud, wat ook vrygelaat is, het Saterdagmiddag uit hul hotel in dié Oos-Afrika-land verdwyn. Reddy is die Afrika-koördineerder van die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste. Niall […]
# Die DA het ‘n dringende aansoek by die Verkiesingshof ingedien waarvolgens die EFF, ActionSA, die MK-party en die GOOD-party beskuldig word dat hulle doelbewus kandidate vir kiesers wegsteek. Die party beweer die partye verbuig die reëls deur die verkeerde vertolking van die wet. Die Verkiesingskommissie laat ‘n party toe om bykomende name na ‘n […]
# President Donald Trump sê hy staan voor ‘n groot besluit oor Iran: ‘n ooreenkoms of algehele vernietiging. Hy het gister die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies toegespreek, waar hy sy dank uitgespreek het teenoor die VN-Veiligheidsraad vir sy eenparige steun vir die VSA se 20-punt-vredesplan vir Gaza, en die amptelike goedkeuring van die […]