# Voedselsekerheid in Suid-Afrika het in 2025 verswak, met 12-persent huishoudings en 14,7-persent individue wat honger gely het. Dit is volgens die Shoprite-groep se 2026 Suid-Afrikaanse Voedselsekerheid-aanwyser. Die land se algehele voedselsekerheidsyfer het verlede jaar tot 52,6 gedaal teenoor 56,5 in 2024. Die rede is voedsel-inflasie wat die beskikbaarheid van kos verminder het, terwyl toegang […]
# Die Amerikaanse ambassadeur in Griekeland, Kimberly Guilfoyle, het bedank ná ‘n reeks berigte oor beweerde wangedrag. Die voormalige Fox News-aanbieder het na bewering ‘n Donald Trump-skenker gevra om haar groot kredietkaartrekening te betaal voor haar bevestigingsverhoor, in ruil vir toegang tot die administrasie. Die 57-jarige het tydens haar ampstermyn in Athene ook onvanpas opgetree […]
# Sokker: Verlede jaar se naaswenners, Arsenal, sit hul segetog in die Kampioeneliga voort en verslaan Lille by die Emirates-stadion in Londen met 3-0. Jurrien Timber, Eberechi Eze en plaasvervanger Bukayo Saka se doele het die Gunners se wenlopie in die liga-fase tot 14 wedstryde opgestoot. Die vyfmalige kampioene, Barcelona, vorder ook goed en verslaan […]
# Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het. Gauteng se polisiekommissaris, Tommy […]
# Die Vatikaan sê ʼn deel van pous Leo se regterlong is verwyder. Dit was kankeragtig, soos toetse voor die operasies aangedui het. Die 71-jarige pous het gister ʼn operasie van 90 minute ondergaan by die Gemelli-hospitaal in Rome. Hy is met long-klierkanker gediagnoseer wat ʼn algemene vorm van longkanker is. Die Vatikaan sê pous Leo […]
The headlines of the leading newspapers on 14 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports mining output fell by 12.7-percent in August, indicating a negative impact on GDP for the third quarter. The paper notes that platinum group metals, coal, and iron ore are driving the annual contraction as the sector grapples with rising costs. […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 14 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig mynbou het met 12,7-persent gedaal in Augustus, wat dui op ‘n negatiewe uitwerking op die BBP in die derde kwartaal. Die koerant skryf Platinum Group Metals, steenkool en ystererts dryf die jaarlikse inkrimping aan terwyl die sektor met stygende […]
# Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se groeivooruitsig sal na verwagting op die kort termyn bestendig bly en op die medium termyn geleidelik verbeter. Dit sal ondersteun word deur versterkte beleidsraamwerke en voortgesette strukturele hervormings. Die IMF het sy ekonomiese groeivooruitsig vir die land tot een-persent verlaag teenoor die 1,1-persent wat in Julie voorspel […]
# Brittanje se plaaslike veiligheidsdiens, MI5, sê bedreigings van buitelandse teenstanders het die afgelope dekade viervoudig toegeneem, hoofsaaklik uit Rusland, Iran en China. Die komplotte sluit in sabotasie, sluipmoordpogings, kuberaanvalle en brandstigting. Brittanje het die afgelope jaar meer as 50 individue gearresteer oor operasies waarby Iran betrek word. MI5 se hoof, Ken McCallum, waarsku kunsmatige intelligensie […]