Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 16 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die regering is daartoe verbind om die land se spoornetwerk te herstel, private belegging te lok en wette te hervorm. Sy sê private operateurs sal toegelaat word om geleenthede vir mynbou, landbou […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die regering is verbind tot die herstel van die land se spoornetwerk, die lok van privaat belegging en regshervorming om seker te maak dit duur voort ná die huidige administrasie. Die Nasionale Spoor-hoofplan identifiseer ʼn kern-spoornetwerk waarop die regering sy belegging sal fokus, terwyl privaat operateurs toegelaat […]
# Die MK-party het sy teleurstelling uitgespreek met die Konstitusionele Hof se uitspraak wat die ANC toelaat om nog name te plaas op sy kandidaatlys wat by die Verkiesingskommissie ingedien is. Die hof het die kommissie opdrag gegee om 181 raadslid-kandidate wat nie op ANC-lyste verskyn nie, by alle verkiesingsprosesse voor die verkiesing in te […]
# Die DA sê die Konstitusionele Hof se uitspraak in die saak oor die ANC-kandidaatslys wek ernstige kommer oor die presedent wat dit skep vir nakoming van die Verkiesingskommissie se spertye en vereistes. Die hoogste hof het die Kieshof se besluit dat 181 ANC-kandidate in ses munisipaliteite uitgesluit word van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing, omgekeer. […]
# Krieket: Die uitvoerende hoof van KwaZulu-Natal se Krieket-unie, Heinrich Strydom, sê hulle gaan ʼn deeglike interne ondersoek doen na die lae bywoningsyfer van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië op Kingsmead in Durban. Net minder as 20-duisend toeskouers het die toets oor vyf dae bygewoon, wat die Proteas se eerste tuis-toets sedert Januarie […]
# Twee ANC-raadslede is doodgeskiet terwyl hulle in Umgababa, aan die suidkus van Durban, ‘n deur-tot-deur-veldtog gevoer het. Drie ander mense is gewond en is in die hospitaal. Die polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, Robert Netshiunda, sê voorlopige verslae dui daarop dat twee vroue en ‘n man, saam met hul lyfwagte, besig was met veldtogwerk toe ‘n […]
# Die Verkiesingskommissie sê hy sal nou begin om stembriewe te wysig en te herdruk ten einde 181 ANC-kandidate in ses munisipaliteite in te sluit. Dit volg op die Konstitusionele Hof se uitspraak ten gunste van die ANC in ‘n geskil oor kandidate wat uitgesluit is van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing. Die kommissie het vroeër […]
# Solidariteit verwelkom die DA en Vryheidsfront Plus se beplande optrede in die regering van nasionale eenheid oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Die VF Plus het formeel ‘n geskil verklaar, terwyl die DA sê die saak sal op die kabinetsagenda geplaas word met die moontlikheid om tot geskil verklaar te word. […]
# Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, sê hy kan Suid-Afrika ʼn beter gradering gee as sy fiskale prestasie aanhou verbeter. Die agentskap het in Mei die land se oorkoepelende kredietgradering van bestendig na positief aangepas terwyl sy langtermyn-gradering vir plaaslike en buitelandse valuta op BA-2 bly. Moody’s se visepresident, Evan Wohlmann, sê die voorspelling berus op die […]