# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, is vol vertroue dat hulle môre vir Guinee kan klop in hulle eerste Afrikabeker-kwalifiseerder op die Orlando-stadion in Soweto. Die Wes-Afrikaland sal waarskynlik Suid-Afrika se sterkste teenstander wees in Groep D, wat ook Kenia en Eritreë insluit. Mosimane sê hy is deeglik bewus van die bedreiging van […]
# MeatCo in Namibië het verdere uitvoere van beesvleis en die slag van diere opgeskort nadat ‘n uitbreking van bek-en-klouseer bevestig is. Tien beeste het positief getoets op ‘n kommersiële plaas in die Karasburg-staatsveearts-distrik in die Khara-streek. Dit het daartoe gelei dat die regering beheermaatreëls ingestel het, insluitend die opskorting van in- en uitvoer van […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die herstel van vertroue in multilateralisme sal nie plaasvind sonder betekenisvolle hervorming van globale bestuur, hoofsaaklik die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, nie. Hy het die Algemene Vergadering van die VN in New York toegespreek waar hy gevra het vir ‘n permanente posisie vir Afrika […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Israel se voortgesette oortreding van internasionale en humanitêre reg kom neer op volksmoord. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Suid-Afrika het in Desember 2023 by die Internasionale Strafhof ʼn saak teen Israel aanhangig gemaak en aangevoer dat hy […]
# President Donald Trump sê Amerika en China kan voortgaan om ‘n verhouding te bou wat voorspoed en veiligheid vir toekomstige geslagte sal bevorder. Hy het ‘n staatsdinee vir die Chinese president Xi Jinping gehou en dit was sy eerste besoek aan die Withuis in meer as ‘n dekade. Die besoek vind plaas in ‘n […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika is gereed om te onderhandel met Amerikaanse maatskappye wat soek na veilige bronne van kritieke minerale en nywerheidsinsette. Hy het deelgeneem aan die Kritieke Metale-rondetafel in New York. Tau het die stigting van ‘n Suid-Afrikaans-Amerikaanse Kritieke Minerale-werksgroep voorgestel. Hy sê Suid-Afrika kan bydra […]
# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, JP Pietersen, het ʼn opwindende wedstryd-groep van 23 aangewys vir Saterdag se eerste Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Ospreys op Kingspark. Die gewese Junior Bok, Vusi Moyo, sal die aanval lei op losskakel, saam met skrumskakel Jaden Hendrikse. Nick Hatton is in die nommer 8-trui is kaptein, en voltooi die […]
# Swem: Die bekroonde Olimpiese swemmer, Tatjana Smith, het haar terugkeer na die sport aangekondig en die 50-meter-borsslag by die Suid-Afrikaanse Kortbad-kampioenskap in Pietermaritzburg gewen. Haar tyd was 29,50-sekondes, wat vinniger is as die vereiste om te kwalifiseer vir Desember se Wêreld-kortbadkampioenskap in Beijing, China. Michael Houlie en Chris Smith het ook vir Beijing gekwalifiseer […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê “ons sou almal dood gewees het” as Israel en Amerika nie Iran aangeval en sy kernfasiliteite vernietig het nie. Tientalle afgevaardigdes het gister uit die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gestap toe hy opstaan om sy toespraak te lewer. Netanyahu sê een van die maklikste besluite wat […]