# Die ANC-jeugliga vra president Cyril Ramaphosa om alle DA-ministers uit die regering van nasionale eenheid te verwyder en met ander politieke partye saam te werk om hulle te vervang. Dit volg nadat die DA sy teenkanting uitgespreek het oor die gunstige uitspraak in die ANC se saak in die Konstitusionele Hof om 181 kandidate […]
# Die ontsetelde Venezolaanse president Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, het onskuldig gepleit op nuwe aanklagte van marteling wat Amerikaanse owerhede teen hulle ingebring het. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle toesig gehou het oor ‘n gewelddadige stelsel wat slagoffers, insluitend Amerikaanse burgers, in aanhouding gemartel het. Maduro het die nuwe aanklagte as […]
# Sokker: FIFA se president, Gianni Infantino, het verskoning gevra vir sy plan om die Wêreldbekertoernooi te privatiseer. Hy sê foute is gemaak wat tot baie gevolge gelei het. Hy het in Augustus ‘n omstrede plan geskrap om ‘n aandeel in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop nadat bestuursliggame heftig beswaar gemaak het. Infantino […]
# Die Iran-gesinde Houthi-rebelle het vyf mense vermoor in ʼn missiel- en hommeltuigaanval op die presidensiële Al-Maashiq-paleis in Aden, hoofkwartier van die internasionaal erkende Jemen-regering. Dis die eerste aanval op die paleis in die huidige konflik tussen die Houthi’s en Saoedi-Arabië. Die oorledenes sluit twee lede van eerste minister Shaya Al-Zindani se veiligheidswagte en burgerlike […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, waarsku dat stygende wêreldwye energie- en voedselpryse bykomende inflasionêre druk op Suid-Afrika kan plaas en dit moeilik maak om verbruikerspryse onder beheer te bring. Inflasie sal vanjaar na verwagting gemiddeld 4,4-persent wees. Die sentrale bank verwag in 2027 ʼn geleidelike daling tot binne sy teiken-koers voor dit […]
# Polisie in Mpumalanga ondersoek ʼn ongeregistreerde rehabilitasiesentrum in Waterval B naby Siyabuswa nadat ongeveer 200 mense op die perseel gevind is. Hulle was volgens berigte vasgebind en verhonger. Die groep het sowat 30 vroue ingesluit. Die sentrum word blykbaar bedryf deur ʼn kerk onder bestuur van ʼn pastoor en sy vrou. Die polisie sê […]
# Motorsport: President Cyril Ramaphosa het Rwanda se president, Paul Kagame, en sy regering gelukgewens met ʼn tienjaar-ooreenkoms om die Formule Een Afrika Grand Prix aan te bied. Rwanda sal vroeg in die 2030’s op die program verskyn. Ramaphosa beskryf die ooreenkoms as erkenning van die land se vermoë om gasheer te wees vir groot […]
# Drie kinders van vyf, agt en elf, en ʼn onderwyser is doodgeskiet by die Silver Rail Elementary School in die Amerikaanse staat, Oregon. Die 16-jarige aanvaller het toegang tot die skool gekry deur na gesluite deure te skiet. ʼn Sewejarige kind en nog ʼn onderwyser is gewond. Die hoof van Bend se polisiedepartement, Mike Krantz, […]
The headlines of the leading newspapers on 16 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports minister of Transport Barbara Creecy says government is committed to restoring the country’s rail network, attracting private investment, and reforming legislation. She notes that private operators will be permitted to explore opportunities within the mining, agriculture, and tourism sectors. # […]