# Die Britse polisie het vyf mans in hegtenis geneem wat onder verdenking staan dat hulle ‘n terreurdaad in Whelford, naby RAF Fairford in Gloucestershire, beplan het. Die polisie het inwoners van 85 huise in die omgewing ontruim. Volgens die polisie duur die ondersoek om die volle aard van die voorval vas te stel voort, […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus weier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies in Perth. Die Bokke was ná 63 minute 42-17 agter voor ‘n laat herlewing hulle binne tref-afstand gebring het. Dit was egter te laat al het Australië in die laaste elf minute vier spelers weens geelkaarte verloor. […]
# President Cyril Ramaphosa het die naweek se massa-skietvoorvalle in die land veroordeel. Sewentien mense is by ‘n taverne in Wedela aan die Wes-Rand doodgeskiet, terwyl tien mense oor die naweek in Lwandle, Kaapstad, doodgeskiet is. Intussen is elf mense verlede week in ‘n massa-skietvoorval by ‘n huis in die KwaMakhutha-woonbuurt in Durban dood. Tydens […]
# Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van ‘n elfde vrou gister langs ‘n spoorlyn in Struisbult, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Die liggaam is volgens berigte opgemerk deur ‘n patrollievoertuig van ‘n sekuriteitsmaatskappy wat roetinepatrollies in die gebied uitgevoer het. Die jongste vonds volg te midde van ‘n voortgesette ondersoek na ‘n […]
# Pous Leo die 14de het die entoesiasme, energie en toewyding geprys wat jongmense na die Katolieke Kerk bring, terwyl groot skares ‘n buitelugmis in Parys bygewoon het. Na raming het 700-duisend mense saamgetrek vir die mis wat deur die Pous by ‘n spesiale altaar op die Place de la Concorde gelei is . Dit […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse sokkerlegende Lucas Radebe het ‘n nuwe rol aanvaar as ambassadeur vir die Leeds United Foundation, die Engelse klub se amptelike liefdadigheidsorganisasie. Radebe, wat 260 keer vir Leeds uitgedraf het, het die klub se gemeenskapsprogramme ondersteun deur skole te besoek en met jongmense te skakel. Hy sal saam met ander ambassadeurs die […]
# Rugby: Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick sê die Bokke berei voor vir ‘n strawwe stryd teen die Wallabies vandag in Perth, met die afsluiting van die deel van hul internasionale seisoen. Stick sê hy is opgewonde ander spelers kry ‘n geleentheid ná ‘n uitmergelende vier weke teen die All Blacks. Veral spelers soos Canan Moodie en […]
# Iran het vandag daarop aangedring dat slegs diplomasie die konflik met die Verenigde State en Israel kan oplos. Dit volg nadat president, Donald Trump, Vrydag gesê het dat hy ‘n Iranse voorstel om die Straat van Hormoes te heropen en die konflik te beëindig, van die hand gewys het. Die Iranse minister van Buitelandse […]
# Motorsport: Lando Norris van McLaren verwag nie om vandag die voorste wegspringplek in te palm in die Azerbeidjanse Grand Prix nie. Hy en sy spanmaat, Oscar Piastri, het in gister se oefenrondes sowat 1,5-sekondes ná die pasaangeër, George Russell van Mercedes, geëindig. Norris, wat 106 punte agter die voorloper in die Formule Een-bestuurderskampioenskaps, Kimi […]