# Die Spesiale Ondersoekeenheid het 42,4-miljoen-rand in kontant, eiendom, pensioene en beleggings gevind wat verbind word met omkoopgeld wat volgens berigte deur die sakeman Stefan Joel Govindraju aan amptenare by die Tembisa-hospitaal betaal is. Die ondersoekeenheid sê Govindraju se sindikaat het 75 maatskappye gebruik om ongeveer 600-miljoen-rand se hospitaalkontrakte te kry, en 100-miljoen-rand is as gunslone […]
# Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mike Waltz, beskuldig Iran dat hy te kwader trou onderhandel. President Donald Trump verwerp Teheran se jongste voorstel om die Straat van Hormoes binne ʼn week te heropen en kern-onderhandelings te hervat in ruil daarvoor dat Amerika sy vloot se versperring van Iranse hawens ophef. Die sewe […]
# Sokker: Suid-Afrika se Onder 20-span het hulle COSAFA Onder 20-kampioenskapstitel vir mans behou danksy ‘n welverdiende oorwinning van 2-1 oor die gasheer, Mosambiek. Amajita se deurbraak was in die 27ste minuut toe Oarabile Booysen die eerste doel aangeteken het. Mosambiek het die telling egter twee minute later gelykop gemaak met Martinho Começar se doel. […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 28 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het sy plan vir ‘n nasionale selfoon-groothandelnetwerkoperateur teruggetrek. In plaas daarvan sal mobiele operateurs ‘n breër radiofrekwensiespektrum tot hul beskikking hê. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens ‘n gevierde volstruisboer, […]
The headlines of the leading newspapers on 28 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports Communications and Digital Technologies minister, Solly Malatsi, has withdrawn his plan for a national wholesale mobile network operator. Instead, mobile operators will have access to a wider radio frequency spectrum. # And the Netwerk24 website: Reports firstly, a renowned ostrich […]
# Die afgedankte adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, verskyn na verwagting vandag weer voor die Madlanga-kommissie. Getuienisleiers het egter ʼn aansoek ingedien dat dele van sy getuienis in camera aangehoor word. Die aansoek hou verband met sekere WhatsApp-boodskappe en dokumente waarby Khan betrek word. Hy is gedagvaar om op 1 September te verskyn, maar hy het […]
# President Cyril Ramaphosa vra groter optrede teen oortreders van geslagsgeweld en vrouemoord, en sê mans moet vroue beskerm. Hy het gister by ʼn Evangeliese Presbiteriaanse Kerkdiens in Alberton gepraat waar die kerk die vlaag van geweld teen vroue uitgelig het. Elf vroue se liggame is die afgelope maande in Ekurhuleni gevind. Ramaphosa sê respek […]
# Krieket: Die Proteas het Australië met 32 lopies verslaan in die tweede eendagwedstryd op die Wanderers in Johannesburg om die reeks te beklink met een wedstryd oor. Kaptein Temba Bavuma en David Miller het onderskeidelik 103 en 142 behaal en 156 bygevoeg om die vierde paaltjie, wat Suid-Afrika se telling tot 365 vir nege geneem […]
# President Donald Trump beskryf gister se inhegtenisneming van vyf mans naby RAF Fairford in Gloucestershire, Engeland, as “fantasties” en sê Amerika en Brittanje ondersoek die mans al ʼn geruime tyd. Hulle is aangekeer weens vermeende oortredings in verband met plofstof en terrorisme, nadat die bom-eenheid na ʼn ernstige voorval naby die militêre lugmagbasis uitgeroep […]