# Die EFF-leier Julius Malema het herhaal dat sy party by die regering van nasionale eenheid sal aansluit as die DA en Vryheidsfront Plus nie deel daarvan is nie. Hy het gister in Soweto stemme gewerf. Die ANC-jeugliga het voorgestel dat die DA uit die RNE verwyder en met die EFF vervang word. Malema sê […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle saak in die Konstitusionele Hof was nooit oor voorregte vir die regerende party nie, maar om seker te maak geen party of onafhanklike kandidaat word van die stembrief gehou deur ʼn vereiste wat die wet nie voorskryf nie. Hy is terug by die werk nadat hy […]
# Rugby: Die Cheetahs het ʼn naelskraapse 29-27-nederlaag teen die Franse span, Bayonne, gely in hulle openingsrondte van die Europese Professionele Klubrugby-uitdaagbeker op die Stade Jean-Dauger. Die gashere het teen rustyd met 22-13 voorgeloop, maar ná ʼn sterk terugvegpoging het die Bloemfonteinse span met net twee punte verloor. Die Cheetahs was nie klinies genoeg om […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van nasionale eenheid, nadat die […]
# Die gewelddadige betogings waaronder Frankryk en Spanje die afgelope weke deurgeloop het, het na Italië, Portugal en België versprei. In Frankryk is minstens een-duisend-800 mense in hegtenis geneem tydens betogings oor stygende brandstofpryse, die lewenskoste en die agteruitgang van openbare dienste. Talle luukse winkels, waaronder Ralph Lauren, Gucci en Versace, is in Parys beskadig. […]
# Krieket: Reën het gister die openingsdag van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië op St George’s-park in Gqeberha in die wiele gery. Slegs 12,2 boulbeurte kon gespeel word, met die Proteas op 20 vir twee in hul eerste beurt. Scott Boland het albei paaltjies vir die besoekers geneem. Kaptein Temba Bavuma sal vandag […]
# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê hulle het die krag en diepte om tot minstens die halfeindronde van die Kampioenebeker te vorder as die spelers fiks bly. Hulle begin die seisoen môre op Loftus Versfeld teen Stade Français. Ackermann het tien veranderinge aangebring aan die span wat die Leeus verlede week in […]
# Die Madlanga-kommissie se aanbevelingstaakspan het ʼn 49-jarige man in hegtenis geneem oomblikke voor hy ‘n internasionale vlug sou haal op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Die polisie sê hy is aangekeer omdat hy versuim het om voor die kommissie te verskyn. Die persoon is nog nie identifiseer nie, maar is volgens berigte […]
# Tennis: Die Serwiër Stefan Milicevic is vir 24-jaar geskors omdat hy tussen 2022 en 2024 ses wedstryde gemanipuleer en probeer het om nog ses te manipuleer. Die Internasionale Tennis-integriteitsagentskap sê die 29-jarige is ook aangekla dat hy talle beroepspelers gewerf of probeer werf het om deel te word van ʼn korrupte netwerk. Dit het […]