# Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar word en onderhandelings vir […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê Interpol soek steeds na Rajesh en Atul Gupta, terwyl die regering voortgaan met pogings om die broers aan die land te laat lewer. Hulle is in Junie 2022 in die Verenigde Arabiese Emirate gearresteer. Suid-Afrika was in 2023 onsuksesvol in pogings om die broers uitgelewer te […]
# Die vyf Britse mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Die Amerikaanse Lugmag gebruik die lugmagbasis vir sy operasies teen Iran. Die hoof van teen-terrorisme-polisiëring, assistent-kommissaris Laurence Taylor, sê die ondersoek is nog nie afgehandel nie, en die vyf mans is onderworpe aan […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan ‘n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te gedenk. Die verklaring erken geskiedkundige onregte […]
# President Cyril Ramaphosa oorweeg dit om die skorsing van nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola op te hef. Die Nasionale Vervolgingsgesag het verlede week die aanklagte teen hom formeel teruggetrek. Die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie het hom aanvanklik aangekla en in hegtenis geneem vir beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur weens kommer oor […]
# Die Britse minister van Verdediging, Wes Streeting, sê teenterrorisme-polisie lei die ondersoek na ʼn ernstige voorval naby die Lugmagbasis Fairford in Gloucestershire. Vyf mans is gister vasgetrek vir beweerde voorbereiding om terreur te pleeg en plofstof-oortredings toe hulle op pad was na die basis. Die Amerikaanse leër het dit onlangs gebruik as basis vir […]
# Tennis: Span Europa het sy sesde Laverbeker-titel ingepalm met ‘n sege van 13-5 oor Span Wêreld in die O2-arena in Londen. Flavio Cobolli en Jakub Mensik het Europa gister op die voorvoet geplaas met ‘n oorwinning oor Alex de Minaur en Taylor Fritz voor die tweemalige Grand Slam-kampioen, Alexander Zverev, die oorwinning beklink het […]
# Swem: Verskeie swemmers het B-kwalifiseringstye by die SA Kortbadkampioenskap behaal, en is daarom steeds verkiesbaar vir die Wêreld-kortbadkampioenskap in Beijing, China, in Desember. Drie mans het B-kwalifiseringstye in die 100-meter-vryslag behaal, met Guy Brooks wat die titel in 47,59 sekondes verower het, voor Armand Coetzee en Kaydn Naidoo. Matthew Caldwell het die mans een-duisend-500-meter-vryslag […]
# Switserse kiesers het ‘n voorstel om neutraliteit te handhaaf, teen-Russiese sanksies op te hef en lidmaatskap van NAVO te verbied, oorweldigend met ongeveer 70-persent verwerp. Die regsgesinde populistiese Switserse Volksparty het die voorstel ondersteun en beweer die regering beweeg te na aan die Europese Unie en NAVO, veral oor Rusland se oorlog teen Oekraïne. […]