# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die Stad Tshwane het versuim om Bronkhorstspruit-inwoners te waarsku dat water wat nie met chloor behandel is nie, onveilig is vir gebruik. Dit volg op ʼn uitbreking van maagdermsiektes. Tussen die 7de en die 8ste van hierdie maand is 408 gevalle in Tshwane Streek Sewe […]
# Krieket: Australië is in beheer van die tweede toets, met Suid-Afrika op 95 vir vyf teen die einde van die tweede dag in Gqeberha. Weens swaar reën oornag kon spel gister eers om 15:45 hervat word – ses uur na die geskeduleerde tyd. Die Proteas, wat die tweede dag op 20 vir twee hervat […]
# ‘n Keniaanse Hooggeregshof het die kultusleier, Paul Mackenzie, en 30 medebeskuldigdes skuldig bevind aan die moord op 190 kinders en een volwassene. Aanklaers het aangevoer dat Mackenzie en sy kerk, die Good News International Church, hul volgelinge beveel het om hulself en hul kinders tot die dood te verhonger, sodat hulle hemel toe kan […]
# President Cyril Ramaphosa sê die uitbreiding van toegang tot vroeë onderwys is ‘n ontwikkelingsprioriteit en ‘n manier om geskiedkundige ongelykhede aan te spreek. Hierdie week vind die tweede Bana Pele-leierskapsberaad in Gauteng plaas, wat daarop gemik is om samewerking te mobiliseer en te versterk om vinniger toegang te verseker tot algehele gehalte vroeë onderwys […]
# Die Ouditeur-generaal se kantoor sê nie-nakoming in verkryging en gevolgebestuur, strategiese beplanning en prestasiebestuur bly ʼn probleem in die onderwyssektor. Vrugtelose en verkwistende uitgawes het toegeneem van 7,48-miljoen-rand in 2024/25 tot 175,6-miljoen-rand in 2025/26, met die Vrystaat die grootste bydraer. Die Gautengse Onderwysdepartement het die meeste bygedra tot die 20,7-miljard-rand se onregmatige uitgawes wat […]
# Rugby: Sizophila Solontsi sal die Springbok-vroue op die 24ste en 31ste van die maand aanvoer in die laaste twee toetse in die W-15 Wêreldreeks teen Ierland in Kaapstad, aangesien kaptein Babalwa Latsha weens ʼn enkelbesering buite aksie is. Nombuyekezo Mdliki is met ʼn rib-besering ook op die kantlyn. Unam Tose is aangewys as onderkaptein […]
# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, sê dit sal ʼn geskiedkundige fout wees indien Amerika amptelik standpunt inneem saam met president Vladimir Putin van Rusland. Die verhouding tussen Washington en Kiëf het verswak nadat Amerika verlede week ʼn omstrede diesel-invoerooreenkoms met Rusland gesluit het. President Donald Trump beskuldig Zelensky dat hy nie die oorlog wil […]
# President Cyril Ramaphosa het kommer uitgespreek oor die vlaag politieke moorde in aanloop tot volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing. Volgens die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad is 43 mense in Suid-Afrika tussen Januarie en September vanjaar in vermeende politieke sluipmoorde dood. Verlede week is twee ANC-vrywilligers doodgeskiet terwyl hulle besig was met ʼn deur-tot-deur […]
# Tennis: Alejandro Davidovich Fokina het die grootste titel van sy loopbaan gebuit toe hy die Sjanghai Meesters gewen het. Die 27-jarige Spanjaard het sy landgenoot, Rafael Jodar, geklop om sy eerste ATP Meesters Een-duisend te wen. In die vroueafdeling het die Franse Ope-naaswenner, Maja Chwalinska van Pole, die Wuhan Ope-eindstryd in China en haar […]