# Die Stad Kaapstad se rampbestuursentrum sê 211 vlugtelinge is gister geraak deur die brand by Voortrekkerweg oorkant die Maitland-begraafplaas. Die markiestent waarin die vlugtelinge gehuisves is, asook talle ander strukture wat as kombuise gebruik is, het afgebrand. Die rampbestuursentrum se woordvoerder, Sonica Lategan, sê die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid is in kennis gestel […]
# Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het gestem om sanksies op te hef teen Sirië se president, Ahmed al-Sharaa, en die minister van Binnelandse Sake, Anas Khattab. Die Amerikaans-opgestelde besluit is met 14 stemme aanvaar terwyl China buite stemming gebly het. Sharaa het die magte gelei wat Bashar al-Assad onttroon het, en is in Januarie […]
# Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sê brandbestryders het daarin geslaag om teen gisteraand al vyf brande wat hulle beveg het, onder beheer te bring. Brande is aangemeld in Waterval buite Tulbagh, naby die stortingsterrein buite Wellington, Paarl-vallei, buite Pniël, en in die berge bokant Zolani buite Ashton. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die brand […]
# Die lugrederye Delta, Southwest en United Airlines is onder dié wat vandag as voorsorgmaatreël sommige vlugte in Amerika gekanselleer het ter nakoming van die Federale Lugvaartadministrasie se riglyne. Die administrasie het opdrag gegee dat vlugbedrywighede by 40 groot lughawens vandag met vier-persent afgeskaal word weens die regering se afsluiting, wat tot personeeltekorte by lugverkeerbeheer […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka en vyfde gekeurde Jessica Pegula van Amerika is deur na die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad, Saoedi-Arabië. Sabalenka van Belarus het die Amerikaner, Coco Gauff, geklop om eerste te eindig in die Stefanie Graf-groep. Gauff moet Sabalenka in skoon stelle wen om haar titel te verdedig. Pegula het […]
# Die gewese onderwyser en vermeende pedofiel, Iain Wares, sal vandag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad ondervra word. Dit hou verband met die voortgesette saak oor die seksuele misbruik van ʼn leerder by Rondebosch Preparatory School in die 1980’s. In Simonstad is daar ook ʼn uitleweringsproses na die Verenigde Koninkryk aan die gang waar die […]
# Die Oekraïnse ambassade in Suid-Afrika sê hy ondersoek berigte dat 17 Suid-Afrikaanse mans in Oekraïne se Donbas-streek vasgekeer is. Die mans van tussen 20 en 39 jaar oud is glo met lonende kontrakte gelok om by huursoldaatmagte in die Oekraïne/Rusland-konflik aan te sluit. Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Olexander Scherba, het aan die SABC […]
# ʼn Amerikaanse federale regter in Rhode Island het president Donald Trump se administrasie beveel om teen vandag geld te vind om die Aanvullende Voedingshulpprogram, ook bekend as SNAP, vir November te befonds. Dit volg nadat die Departement van Landbou die ongewone stap gedoen het om voordele vir hierdie maand op te skort en aanvoer […]
# Sokker: Suid-Afrika en Katar se tweede wedstryd in die Onder-17-wêreldbeker in Doha het met een elk gelykop geëindig. Yazan Mohamed het die gashere laat voorloop. Die speler van die wedstryd, Emile Witbooi, het die gelykmaker in die 16de minuut aangeteken om Suid-Afrika se vordering na die uitkloprondes moontlik te hou. Amajimbos is nou met vier […]