# OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep dat alle KI-ontwikkeling verlangsaam […]
# Die vakbondfederasie COSATU se 15de nasionale kongres het misluk nadat dit gisteraand op die tweede dag van die byeenkoms in Midrand, Johannesburg, verdaag is. Die chaos is veroorsaak deur geskille oor geloofsbriewe, die regsstatus van die vakbondfederasie se eerste adjunkpresident, Mike Shingange, en vrae oor die kongres se wettigheid. Die ANC se nasionale voorsitter, […]
# Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die Verenigde State verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar, wat tariewe betref, […]
# Swem: Swem Suid-Afrika het ingestem om die volle rente aan die Olimpiese kampioen Tatjana Smith te betaal op prysgeld wat vir langer as ‘n jaar teruggehou is. Sy het sowat 560-duisend-400-rand gewen nadat sy goud en silwer verower het op 2023 se Watersport-wêreldkampioenskap in Japan. Swem SA het die geld eers betaal na Smith […]
# Die ANC veroordeel die sinnelose en grusame moorde op vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, en sê dit vestig aandag op die realiteit van geslagsgeweld en vrouemoorde in Suid-Afrika. Agt vermoorde vroue is die afgelope maande aan die Oos-Rand gevind. Die ANC sê die polisie moet die sake dringend ondersoek en die oortreders voor die gereg […]
# Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, het opdrag gegee dat die aanklagte teen die geskorste Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, teruggetrek word. Hy is aangekla van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die omstrede Medicare24-tender van 228-miljoen-rand waarby die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matlala, betrokke is. Die […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 16 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig ‘n Keniaanse hof het Vodacom se oorname van Safaricom ter waarde van 36-miljard-rand verbied. Die koerant skryf in die uitspraak word daar verwys na ‘n arbitrêre prysbepaling en kommer oor mededinging, veral rakende die verkoop van die staat se […]
The headlines of the leading newspapers on 16 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports that a Kenyan court has blocked Vodacom’s 36-billion-rand takeover of Safaricom. The paper writes the ruling cites arbitrary pricing and concerns regarding competition, particularly concerning the sale of the state’s shareholding. # And the Netwerk24 website: Reports acting Police minister […]
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê hy vertrou dat almal wat verantwoordelik is vir die moorde op agt vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni voor die reg gebring sal word. ʼn Multidissiplinêre, hoëvlak-polisiespan ondersoek die moorde en ʼn beloning van 400-duisend-rand word aangebied vir inligting wat tot ʼn deurbraak in die ondersoek kan […]