# Rugby: The Springboks’ jerseys for Rugby’s Greatest Rivalry against the All Blacks feature the lyrics of South Africa’s national anthem in the shape of the country’s flag. The words in isiXhosa, isiZulu, seSotho, Afrikaans and English will be carried on the players’ chests. SA Rugby’s CEO, Rian Oberholzer, explained this represents the convergence of […]
# Pakistan het nuwe beperkings op buitelandse media ingestel, wat vereis dat joernaliste en medewerkers wat vir internasionale nuusorganisasies werk, toestemming van die regering moet verkry voordat hulle buite Islamabad, Karachi en Lahore verslag lewer. Mediavryheidsgroepe sê die reëls sal onafhanklike beriggewing moeiliker maak en kan die dekking van groot gebeure vertraag. Die regering dring […]
# Verwoestende moesonvloede en grondstortings het reeds die lewens van meer as 100 mense in Indië geëis en groot skade aangerig in verskeie dele van die land. Die Brahmaputra-rivier in die deelstaat Assam het afgekom en honderde dorpe is oorstroom. Byna 900-duisend inwoners moes reeds hul huise verlaat. Dodelike grondstortings in Himachal Pradesh het talle […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Suid-Afrika se hoëkommissaris na Indië, Anil Sooklal, herroep vir raadpleging na aanleiding van oudpresident Jacob Zuma se ontmoeting met die voortvlugtige Gupta-familielid Ajay tydens ‘n besoek aan Indië. ‘n Interne ondersoek na die voorval word tans gedoen. Minister Ronald Lamola het op ‘n nuuskonferensie gesê die […]
# Die Parlement het die leier van die National Coloured Congress en parlementslid, Fadiel Adams, tot die einde van die maand geskors kragtens die Wet op die Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers. Hy word daarvan beskuldig dat hy die Parlement in oneer gebring het. Die sekretaris van die ampsklagkomitee, Thembinkosi […]
# Die parlementêre ampsklagkomitee het advokaat Thandazani Madonsela aanbeveel as getuienisleier in die saak teen president Cyril Ramaphosa. Hy het die meerderheidsteun van die EFF, die MK-party, Build One South Africa, die ATM en die UAT ontvang. Die ANC, Patriotic Alliance en Al Jama’ah het buite stemming gebly en die DA se kandidaat, Kate Hofmeyr, […]
# Die watervlak van Europa se tweede langste rivier, die Donau, het so gedaal dat tientalle Nazi-skepe uit die Tweede Wêreldoorlog nou sigbaar is op die rivierbedding. Die rivier vloei van wes na oos deur verskillende lande, insluitend Duitsland, Slowakye, Serwië, Roemenië, Bulgarye, Moldowië en Oekraïne. Verroeste skeepsrompe word nou gesien in die middel van […]
# Die energiekenner Chris Yelland sê Eskom verdien erkenning vir die verbetering in sy prestasie, maar die einde van beurtkrag kan nie uitsluitlik aan die kragvoorsiener toegeskryf word nie. Hy sê die afname in elektrisiteitsvraag, groter privaat beleggings in hernubare energie en die regering se finansiële steun het alles tot Eskom se herstel bygedra. Eskom […]
# Katar se Ministerie van Buiutelandse Sake sê die toenemende Israelse aanvalle in Gaza is ‘n poging om die instelling van die 20-punt-plan en vreedsame oplossings te verhoed. Dit druis in teen die padkaart vir vrede van die Amerikaanse president, Donald Trump, se vredesraad vir die ontwapening van Hamas en Israel se onttrekking uit Gaza. […]