Skip to content

Trump beloof meer as R6-miljard om Republikeine in die middeltermynverkiesing te help

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het beloof om meer as 6,57-miljard-rand te bestee om Republikeinse kandidate te ondersteun voor die belangrike middeltermynverkiesing op 3 November. Die Republikeine het tans ‘n skrale meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat. Die Demokrate het vier bykomende setels nodig om beheer te verkry. Trump sê op Truth Social 4,98-miljard-rand is reeds aan verkiesingsveldtogte bestee om steun vir die Republikeine te werf. Hy noem geloof in sy party en die onluste in Europa as redes hiervoor.