# Krieket: Die Internasionale Krieketraad het die program bekendgemaak vir volgende jaar se Onder-19 T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue in Bangladesj en Nepal. Sestien spanne sal deelneem, en 41 wedstryde sal op vier stadions gespeel word. Die toernooi begin op 21 Januarie met agt spanne in aksie. Suid-Afrika is in Groep B saam met Nieu-Seeland, Pakistan en Samoa, en hul eerste wedstryd is die 24ste teen Samoa. Die eindstryd vind op 6 Februarie in Bangladesj plaas.
Krieket: Program bekendgemaak vir vroue se Onder-19 T20-Wêreldbekertoernooi