# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê daar word goed gevorder met noodherstelwerk aan hellings en die pad oor ‘n afstand van 11,1-kilometer in die Franschhoekpas. Swaar reënval in Oktober 2023 het veroorsaak dat hellings skuif, erosie plaasvind, opdrifsels saampak en die pad en dreineringstelsels beskadig is. Simmers sê hierdie aanvullende projek het vierduisend-160 […]
# SANParke Droë Streke het gister in die Mokale Nasionale Park in die Noord-Kaap sy jaarlikse streektoekennings gehou waar personeel se uitnemendheid, toewyding en spanwerk erken is. Daar is 48 toekennings uitgedeel in verskillende kategorieë soos kliëntediens, leierskap, veldwagter en lewensbydrae. JP Louw van SANParke sê die geleentheid het werknemers van Kgalagadi, Augrabies, Namakwa en […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning het die Kaapse Wynland-internasionale lughaweprojek in Kaapstad omgewingsgoedkeuring gegee. Die projek van agt-miljard-rand bestaan uit die uitbreiding van die lughawe buite Durbanville wat in ‘n aantal ontwikkelingsfases gedoen sal word. Die lughawe se besturende direkteur, Deon Cloete, sê die ontwikkeling sluit infrastruktuur in soos rolbane en parkeerplekke […]
# The United Nations’ secretary general, António Guterres, says climate impacts are accelerating, yet adaptation finance is not keeping pace, leaving the world’s most vulnerable exposed. According to the UN Environment Programme’s new report, by 2035, adaptation finance needs in developing countries will be 12 times as much as current international public adaptation finance flows. […]
# Die Stad Johannesburg sê sy Skuldverligtingsprogram is daarop gerig om inwoners en ondernemings wat sukkel om uitstaande munisipale rekeninge te betaal, te help. Dis ‘n eenmalige tussentrede van 12-maande wat aan munisipale rekeninghouers wat historiese skuld het, die kans op finansiële verligting bied. Fase vier van die program sal môre bekendgestel word. Die metro-woordvoerder, […]
# Die Cape Independence Party sê Kaapstad het ʼn rioolkrisis wat dringend hanteer moet word. Meer as 40-miljoen liter onverwerkte riool word daagliks in die Atlantiese Oseaan gestort deur uitlaatpunte by Groenpunt, Kampsbaai en Houtbaai. Karl Bodin van die party sê hierdie toksiese stortvloed vergiftig strande, bedreig die seelewe en ondermyn Kaapstad se reputasie as […]
# Die Stad Johannesburg verwelkom Floyd Brink se heraanstelling as stadsbestuurder. Die raad het sy aanstelling gister goedgekeur. Die Hooggeregshof in Johannesburg het verlede jaar bevind sy aanstelling was onregmatig en het hom beveel om te bedank. Hy en ander kandidate is weer deur ʼn paneel ondervra en hy het die hoogste punte gekry. Die […]
# Die Vryheidsfront Plus het sy ontsteltenis uitgespreek oor die Ekurhuleni Munisipaliteit se 2025/2026 finansiële jaarverslag. Denise Janse van Rensburg van die party sê hoewel die metro voorgee sy invorderingskoers is 96,26-persent, wys vorige verslae dis in der waarheid 11,8-persent in Eskom-gebiede. Sy sê die kontantreserwe het tot slegs 15 dae gedaal, ver onder die […]
# Solidariteit, in samewerking met die boormaatskappy Booysens Bore, het 65 werkers van die maatskappy van afdanking gered. Dit volg na die sluiting van Assmang Beeshoek se ystermyn naby Postmasburg in die Noord-Kaap. Die myn is gedwing om te sluit weens die voortgesette ekonomiese krisis wat beide die myn en die breër ekonomie raak. Pieter […]