# Die middelveld-speler van Polokwane City, Manuel Kambala, is opgeroep vir Mosambiek se span in komende internasionale wedstryde. Die 34-jarige draf gereeld vir die Mambas uit en het sy land in die Afrikabeker-toernooi verteenwoordig. Kambala het goed begin in die nuwe Premierliga-seisoen, met Polokwane City wat onder die vroeë voorlopers tel. Kambala sluit nou by […]
# Die DA sê die verwagte tekort van 33-miljard-rand teen 2029 by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente toon die huidige befondsingsmodel is nie meer volhoubaar nie. Die party vra die skema moet gedesentraliseer word, sodat universiteite en TVET-kolleges groter verantwoordelikheid vir die bestuur van studentebefondsing kan neem. Delmaine Christians van die DA sê die […]
# Die polisie in Gauteng sê ‘n gesamentlike benadering deur wetstoepassingsagentskappe, die regering, die sakegemeenskap en gemeenskappe help om misdaad te bekamp. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tommy Mthombeni, sê Operasie Shanela 2 het gelei tot 88-duisend-584 inhegtenisnemings, insluitend die van 14-duisend-256 onwettige immigrante. Beamptes het ook beslag gelê op 282 vuurwapens, bykans ses-duisend rondes ammunisie […]
# Vyf mense is dood en 40 beseer toe ‘n Nederlandse toerbus naby die Alpe-dorpie Susch in Oos-Switserland verongeluk het. Die bus, met 45 Nederlandse toeriste aan boord, het op ‘n pad, wat gedeeltelik gesluit was vir onderhoudswerk, omgeslaan. Drie van die beseerdes is in ‘n bedenklike toestand, terwyl sewe matige beserings opgedoen het. Nooddienste, […]
# Die leier van RISE Mzansi en voorsitter van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, sê die grootste uitdaging waarmee plaaslike regering worstel is ‘n gebrek aan aanspreeklikheid. Zibi het tydens ‘n paneelbespreking oor die toekoms van metro’s gesê die Ouditeur-Generaal se bevindings het ten doel om die werklike skade weens swak bestuur […]
# Amerika herdenk vandag 25-jaar ná die 11 September 2001-aanvalle, waarin bykans drie-duisend mense dood is. Herdenkingsplegtighede word in New York, Washington en Pennsilvanië gehou, waar die name van slagoffers voorgelees word en oomblikke van stilte gehandhaaf word. Vanjaar is ‘n bykomende oomblik van stilte ingesluit ter nagedagtenis aan mense wat later dood is weens […]
# ActionSA vra die provinsiale regering se dringende ingryping met die aanstelling van Lesiba Malotana as hoof van die Departement van Openbare Veiligheid in Stad Johannesburg. Die party sê Malotana is tydens die keuringsproses as problematies uitgewys en word steeds verbind met onopgeloste bewerings oor die Tembisa-hospitaal-saak. Die leier van ActionSA se Johannesburgse koukus, Marcel […]
# Die tenderbedrogsaak van 228-miljoen-rand teen die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en sy twee ondernemings is tot 25 September in die Handelsmisdaadhof in Pretoria uitgestel. Die Ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Henry Mamothame, sê die uitstel sal verseker Matlala is teenwoordig wanneer die saak weer in die Streekhof in Pretoria voorkom. Matlala se saak is vroeër afsonderlik […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n voorlopige hofbevel verkry om drie eiendomme en vyf voertuie te bevries wat verbind word met ‘n beweerde bedrieglike biblioteekprojek van vier-miljoen-rand in KwaZulu-Natal. Die bates behoort aan Liyabongeka Trading Enterprise en die eienaar, Thabile Jacqueline Xaba. Die eenheid beweer daar was onreëlmatighede met die verkrygingsproses en kontrakte, asook bedrieglike […]