# Kenia se ministerie van Gesondheid het die land se eerste inkomende geval van Ebola bevestig. Die minister van Gesondheid, Aden Duale, sê ‘n Keniaanse burger wat al sewe jaar in die Demokratiese Republiek die Kongo woon, het Saterdag per pad na Kampala gereis voordat hy na Nairobi gevlieg het en is gisteraand oorlede. Hy […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, is die nuwe Japannese Ope-kampioen. Hy het Jiri Lehecka van Tsjeggië in die eindstryd in die Ariake-coliseum in Tokio in 96 minute in skoonstelle verslaan en darrmee sy titel van verlede jaar suksesvol verdedig. Dit is die 23-jarige se eerste toernooi-trofee sedert Doha in Februarie vanjaar. Alcaraz is slegs […]
# President Cyril Ramaphosa se Ankole-beeste het rekordpryse behaal op ‘n veiling op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. ‘n Dragtige driejarige vers, Queen Arusha, is vir ‘n rekordbedrag van 6,4-miljoen-rand verkoop, en het daarmee ‘n Suid-Afrikaanse rekordprys vir ‘n teelvers behaal. Twee eenhede saad van die bul Optimus Prime, wat aan Ramaphosa behoort, is ook […]
# Die bemanning van ‘n vragskip word vermis nadat dit in die Swart See, voor die kus van die NAVO-lidland Bulgarye, ná ‘n hommeltuigaanval gesink het. Die Bulgaarse premier, Rumen Radev, sê twee vragskepe is ongeveer 112 kilometer van die kus af aangeval. Die bemanning van ‘n tweede skip wat graan vervoer het, is gered […]
# Die adjunkpresident van die Patriotic Alliance, Kenny Kunene, sê die party sal met ander politieke partye saamwerk om Johannesburg te bestuur ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Kunene het aan die SABC gesê sy ervaring as lid van die Burgemeesterskomitee vir Vervoer het hom insig gegee in die uitdagings rondom dienslewering. Hy sê […]
# Die Spoorwegveiligheidsreguleerder het ‘n drie-jaar veiligheidspermit aan Transnet se bestuurder van Spoorweginfrastruktuur toegeken ná ‘n omvattende beoordeling van sy bestuurs- en risikobeheerstelsels. Die permit beteken die instelling beweeg weg van ‘n tydelike magtiging en kan nou onafhanklik toesig hou oor Suid-Afrika se nasionale spoornetwerk. Die permit versterk die grondslag vir veilige spoorvervoer namate die […]
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings gaan ‘n klagte van dieremishandeling teen polisiebeamptes indien oor wat met die polisiehond Sky gebeur het. Die vyfjarige Belgiese Malinois is verlede maand ernstig beseer in ‘n polisie-veeartsenygerief in Roodeplaat, Pretoria, en moes later uitgesit word. Volgens die raad het Sky maande lank erge spanning en herhaalde beserings verduur, […]
# Oudpresidente Thabo Mbeki en Jacob Zuma sal na verwagting hierdie maand voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig. Mbeki sal op 19 en 20 Oktober sy getuienis lewer en Zuma die 22ste. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof hul laaste poging verwerp het om oudregter Sisi Khampepe as voorsitter van die ondersoek te laat verwyder. […]
# Die Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo het bevestig die R524 naby Louis Trichardt is heropen ná ‘n ernstige botsing waarin vyf mense dood is. Vyf voertuie, insluitend ‘n polisievoertuig, was betrokke. Twee beseerdes, een in ‘n bedenklike toestand en een ernstig beseer, is hospitaal toe geneem. Ondersoeke duur voort. Die LUR Nakedi […]