# Eskom sê hy het tydens die 2026/2027-boekjaar beduidende omgewingsverbeterings behaal deur doelgerigte projekte om uitlaatgasse te verminder asook bedryfsingrypings by sy steenkoolkragstasies. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê skadelike stofuitstralings het met sowat 67-persent afgeneem. Sy sê dié verbetering dui op volgehoue vordering met die vermindering van uitstralings en die verbetering van betroubaarheid en […]
# Die regering sê hy het Zimbabwiese migrante wat voor die Zimbabwiese konsulaat in Johannesburg byeengekom het, gehelp om na hul land van herkoms terug te keer. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, sê 194 Zimbabwiese burgers is verwerk en op pad na Zimbabwe. Dit sluit 35 mans, 58 vroue en 101 minderjariges in. Baloyi sê 56 […]
# Rugby: Springbok legend Naas Botha believes South Africa hold both a physical and psychological edge over the All Blacks ahead of the fourth and final Test of the Rugby’s Greatest Rivalry series scheduled for M&T Bank Stadium in Baltimore. Botha says the Springboks’ dominance up front had placed New Zealand in an uncomfortable position […]
# Rugby: Die Springbok-legende Naas Botha glo Suid-Afrika het ‘n fisiese én sielkundige voordeel oor die All Blacks voor die vierde en laaste toets in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks, op die M&T Bank-stadion in Baltimore. Botha sê die Springbok-voorspelers het Nieu-Seeland in ‘n ongemaklike posisie geplaas voor die beslissende wedstryd. Suid-Afrika loop tans voor met […]
# President Cyril Ramaphosa het die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika en wêreldwyd ‘n vreedsame, veilige en vreugdevolle Rosh Hashanah en Jom Kippoer toegewens. Die Joodse gemeenskap betree tans die tydperk van die heilige dae en Ramaphosa sê dit herinner Suid-Afrikaners aan die blywende waarde van geloof en familie. Die president sê Rosh Hashanah is volgens […]
# Eskom sê sy energiebeskikbaarheidsfaktor het sedert die begin van die jaar gestyg tot 67,78-persent, die hoogste vlak in ses jaar. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê onbeplande onderbrekings het ook afgeneem van 26,61-persent tot 19,43-persent vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Sy sê verbeterde betroubaarheid en beskikbaarheid van die opwekkingsvloot het drie-duisend-500 megawatt opwekkingsvermoë tot […]
# Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê die departement beplan om die aantal voorligtingsbeamptes wat boere regoor Suid-Afrika ondersteun, te verhoog. President Cyril Ramaphosa het tydens vanjaar se staatsrede aangekondig tien-duisend voorligtingsbeamptes sal ontplooi word om boere te help om voedselproduksie te verhoog en werkgeleenthede vir jong gegradueerdes te skep. Aucamp beklemtoon hoe belangrik […]
# Die vakbond GIWUSA vra dringende en tydige gesprekke oor maatreëls om die uitwerking van die verwagte brandstofprysverhogings in Oktober te versag. Suid-Afrikaanse motoriste kan ‘n verhoging van tussen een-rand-81-sent en een-rand-93-sent per liter petrol verwag, terwyl diesel tussen een-rand-73-sent en twee-rand-drie-sent per liter duurder kan word. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, vra ‘n ingrypende […]
# Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, en die Russiese president, Vladimir Putin, het ooreengekom om bestaande bande tussen hul lande te versterk. Putin sê die BRICS-groepering moet ‘n nuwe platform vir wêreldwye groei bou wat nie deur Westerse reëls bepaal word nie. Modi en Putin het gesprekke in die Indiese hoofstad gevoer op die […]