# Die voormalige hertog van York, Andrew Mountbatten-Windsor, doen regstappe teen die deursoekings-lasbriewe wat die polisie voor sy inhegtenisneming in Februarie gebruik het. Hy het toestemming gekry om die Hooggeregshof te vra om te bepaal of die Thames Valley-polisie wettig opgetree het toe sy huis op die Sandringham-landgoed en sy voormalige woning, Royal Lodge, deursoek […]
# Die DA in Gauteng sê terwyl opkomende boere sukkel om steun te kry, het die regering 45-miljoen-rand bestee aan die Tarlton-agripark wat slegs 11 ondernemings bedien. Woordvoerder Bronwynn Engelbrecht sê die boer, Sakhile Jele, het langer as ‘n jaar gewag op ‘n besluit oor finansiering te midde van veranderende vereistes en burokratiese rompslomp. Sy […]
# Vroue in Vusimuzi in Thembisa, Gauteng, sê hulle leef in vrees en die gebied moet tot ‘n gevaarsone verklaar word nadat die liggame van 12 vroue die afgelope twee maande gevind is. Inwoners sê misdadigers slaan toe te midde van min sigbare wetstoepassing, terwyl daar gereeld berigte van rooftogte en huisinbrake snags is. Die […]
# Die DA het sy eis herhaal dat die volgende stel nasionale misdaadstatistieke akkurate, gedetailleerde syfers oor misdade teen vroue en kinders moet insluit. Die woordvoerder oor die Polisie, Lisa Schickerling, het ‘n skriftelike versoek aan die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, gerig nadat die Polisiediens erken het dat huidige data oor geslagsgeweld inherent […]
# Die Inkatha Vryheidsparty het beloof om ongedokumenteerde buitelandse burgers uit eThekwini in KwaZulu Natal te deporteer en sê onwettige buitelanders het geen plek in die stad nie. Die party het die belofte gemaak tydens ‘n distriksvergadering met raadslede om gemeenskapsdruk, dienslewering en immigrasie-nakoming te bespreek. Die IVP sê onbeskermde grense en swak wetstoepassing plaas […]
# Die adjunkminister van Vervoer, Nkhululeko Hlengwa, sê die regering ondersoek veranderings aan die wyse waarop die Padongelukkefonds befonds word. Hy steun ‘n gemengde befondsingsmodel, wat kan beteken die huidige brandstofheffing word verminder of selfs afgeskaf en ander bronne van befondsing word ingestel. Dit kan derdeparty-voertuigversekering en reisversekering vir buitelandse besoekers insluit. Die fonds ontvang […]
# Soil of Africa sê die een-duisend-965 polisielede wat sedert 1 Oktober bevorder is, moet hul nuwe range beskou as openbare vertroue. Woordvoerder Luzuko Sofute sê hul sukses sal gemeet word aan gemeenskapsvertroue, en hulle moet korrupsie en politieke inmenging verwerp en bekwame wetstoepassing handhaaf. Hy sê polisieleiers is nodig wat toeganklik, beslissend, doelgerig en […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ‘n nuwe taakmag geskep om die regering se benadering tot kunsmatige intelligensie te koördineer, wat hy “superintelligensie” noem. Die leierskapspan van vier lede sal gelei word deur die direkteur van Nasionale Intelligensie, Jay Clayton. Die taakmag sal die gevare en geleenthede van K-I ondersoek en aanbeveel watter rol […]
# Oekraïne is onder toenemende druk om geld te vind om sy oorlog voort te sit namate Russiese aanvalle sleutelbedrywe lamlê. Oekraïne het die eerste nege maande van vanjaar bykans 740-miljard-rand aan verdediging bestee, maar net meer as 700-miljard-rand se belastinginkomste ingevorder. Die regering benodig befondsing van 935-miljard-rand, wat sowat 450-miljard-rand vir militêre uitgawes insluit. […]