# Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, verwelkom Kanada se belofte om te help om Kiëf se lugverdediging te versterk. Hy en premier Mark Carney het ‘n vennootskap van 100-jaar gesluit wat langtermyn-samewerking in verdediging en veiligheid vestig. Dit volg te midde van Rusland se verskerpte hommeltuig- en missielaanvalle, terwyl Kiëf se langafstand-see- en -lug-hommeltuie raffinaderye […]
# Transnet sê die verkoop van ‘n belang van 49,99-persent in Durban se houerterminaal gee die toon aan vir toekomstige vennootskappe met die privaat sektor. Die transaksie het ‘n wins van 12,5-miljard-rand opgelewer en bygedra tot Transnet se jaarwins van 4,6-miljard-rand. Uitvoerende hoof Michelle Phillips sê vennootskappe sal help om doeltreffendheid en mededinging op die […]
# Die vakbond GIWUSA eis ‘n leefbare loon van Masterpack, wat deel van die Bidvest-groep is, terwyl werkers voortgaan met die beskermde staking wat Maandag begin het. GIWUSA se organiseerder, Sipho Linda, sê dit moet ‘n verhoging van nege-persent vir alle werkers insluit om te verseker almal trek voordeel daaruit. Hy sê bestuur moet uitstaande […]
# Rugby: Daar is volgens berigte groot belangstelling in môre se toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Baltimore, Amerika, maar al 71-duisend kaartjies sal waarskynlik nie verkoop word nie. Dié eerste wedstryd tussen die aartsvyande op Amerikaanse bodem kom teen ‘n stywe prys, met die goedkoopste kaartjies wat verkoop vir gelykstaande aan […]
# Motorsport: George Russell sê hy sal geluk nodig hê om sy Mercedes-spanmaat, Kimi Antonelli, in te haal en Formule Een se bestuurders-kampioenskap te wen. Hy het Antonelli in Julie laas in Brittanje geklop. Die Italianer het onlangs van die 19de plek teruggeveg om sy tuis-wedren in Monza te wen. Die Brit is 66 punte […]
# Die Stad Johannesburg rig ‘n dringende waarskuwing aan inwoners en eiendomseienaars ná ‘n toename in goed-beplande bedrogskemas wat munisipale rekeninghouers teiken. Swendelaars doen hulle voor as amptenare of kontrakteurs van Stad Johannesburg, Johannesburg Water en City Power, en nader inwoners deur bedrieglike e-posse, SMS’e, telefoongesprekke en besoeke. Die stad se woordvoerder, Poppy Louw, sê […]
# Black Business Unity sê sy fokus verskuif van versoekskrifte aan die regering na ekonomiese bevordering in Gautengse townships. Die groep sê hy is gefrustreerd oor wat hy noem die stelselmatige verwaarlosing van township-ekonomieë en ‘n gebrek aan aanspreeklikheid oor befondsing van klein ondernemings. Die stigterslid, Mike Molloyi, sê van volgende week af word mini-sakekamers […]
# Gholf: Amerika hersien sy kwalifiseringstelsel vir volgende jaar se Ryderbeker-kompetisie en die wedloop om ses outomatiese plekke sal nie voor Januarie begin nie. Die kwalifiseringsproses sal eers ná 31 toernooie in Augustus afgehandel word. Amerika sal die volgende maand in Limerick, Ierland, teen die Wêreldspan te staan kom. Die PGA van Amerika sê spelers […]
# Iceland’s government will submit a bill in February to ban whaling, a move that would leave Norway and Japan as the only two countries in the world to continue commercial whaling. Whaling in Iceland has sparked years of protests from animal welfare campaigners and Hollywood celebrities. Only Iceland, Norway and Japan have conducted commercial […]