# ‘n Ontvoerde man is ongedeerd gevind in Randfontein, Gauteng, en vyf verdagtes in hegtenis geneem ná ‘n intelligensiegedrewe operasie. Die ongenoemde man is na bewering op 30 Augustus in die Johannesburgse middestad ontvoer, waarna ‘n losprys van 32-miljoen-rand geëis is. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê ‘n span speurders van Johannesburg-Sentraal, Misdaadintelligensie, die Teenontvoeringseenheid, die Blitspatrollie […]
# Die Regterlike Dienskommissie begin vandag in Sandton, Johannesburg, met onderhoude om drie vakatures in die Appèlhof te vul. Vyf kandidate sal vir Suid-Afrika se tweede hoogste hof ondervra word: regters Gerald Bloem, Busisiwe Masipa, Ingrid Opperman, Violet Phatshoane en Esther Steyn. Hoofregter Mandisa Maya sal die proses van twee weke lei om 22 vakatures […]
# Sowat 500 hoërskole in Frankryk is vandag ten volle of gedeeltelik gesluit terwyl leerderbetogings voortduur. Die minister van Onderwys, Édouard Geffray, sê die sluitings is ‘n veiligheidsmaatreël terwyl verdere betogings môre beplan word. Die betogings het in September begin weens ‘n tekort aan onderwysers, oorvol klaskamers en swak-onderhoude skoolgeboue en sommige het gewelddadig geraak. […]
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings sê 38 motoriste is die afgelope naweek in Newcastle vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Woordvoerder Ndabezinhle Sibiya sê 24 is Saterdagaand in hegtenis geneem. Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was beroepslui, ‘n student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal en ‘n pensioenaris. Een bestuurder is […]
# Die Parlement werk aan regulasies wat hom inspraak kan gee as die Nasionale Tesourie munisipaliteite se fondse terughou. Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê dit volg nadat die Tesourie billike-aandeeltoekennings van 69 munisipaliteite teruggehou het weens beweerde finansiële wanbestuur en die nie-nakoming van die Wet op […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse vleuel Relebohile Mofokeng wek belangstelling van verskeie Europese klubs ná sy indrukwekkende begin by die Belgiese span Union Saint-Gilloise in Brussel, België. Die oordragkenner Ekrem Konur sê Chelsea, Brighton, Atletico Madrid en Napoli hou die 21-jarige dop. Mofokeng het volgens berigte in Julie van Orlando Pirates na Union oorgeskakel teen ‘n […]
# Die GOOD-party is bekommerd oor die toestand van openbare ontspanningsruimtes in munisipaliteite in aanloop tot die munisipale verkiesing in November. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê swak instandhouding van parke en openbare geriewe ontneem gemeenskappe van veilige ontspannings- en sportgeriewe. Herron sê kinders se speelgeriewe verroes in rioolwater wat nie wegvloei nie. Hy […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur het ‘n samewerkingsooreenkoms van vyf jaar met Africa Skills Village onderteken om ambagsopleiding en die lewering van infrastruktuur te versterk. Die vennootskap sal fokus op landelike distrikte, klein dorpe waar geakkrediteerde opleiding beperk is. Dit sal geleenthede bied vir blootstelling aan die werkplek, internskappe, beroepsopleiding en roetes na erkende […]
# ‘n Nuwe politieke beweging, die Born to Win-party, sal in die Polokwane-munisipaliteit deelneem aan November se plaaslike verkiesing. Die party se president en voormalige ANC Parlementslid, Boy Mamabolo, sê die beweging sal sy aandag op korrupsie en dienslewering vestig, veral in Limpopo. Mamabolo sê die helfte van die mense wat deur die party gewerf […]