# Die EFF-leier, Julius Malema, sê geen student behoort universiteit toe te gaan en dan verhinder word om te registreer weens ‘n probleem met klasgeld nie. Malema het tydens die party se provinsiale manifes-byeenkoms in Motherwell, Gqeberha, in die Oos-Kaap gepraat. Hy voer aan universiteite moet studente se identiteitsnommers gebruik om vas te stel of […]
# Sokker: Bafana Bafana pak Egipte vanaand in ‘n internasionale vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion. Pitso Mosimane het sy tweede termyn as Bafana-afrigter goed begin met oorwinnings oor Guinee en Eritrea, waarin sy span sewe doele aangeteken het. Egipte is ook vol selfvertroue nadat die span Suid-Soedan met 5-0 geklop het. Bafana het, […]
# President Cyril Ramaphosa het in Egipte aangekom om die agtste halfjaarlikse koördineringsvergadering van die Afrika-unie in sy hoedanigheid as SAOG-voorsitter by te woon. Die vergadering vind vandag in El-Alamein plaas tussen Afrika-leiers en streeksekonomiese gemeenskappe. Besprekings sal fokus op nouer samewerking tussen Afrika-lande, die uitvoering van Agenda 2063, die Afrika-kontinentale-vryhandelsooreenkoms, infrastruktuur, water en sanitasie, […]
# Die ANC-Vroueliga, geloofsorganisasies, politieke partye en ander belanghebbendes hou vandag ‘n Nasionale gebeds- en gedenkdiens in Ekurhuleni vir vroue wat weens geslagsgeweld en vrouemoord gesterf het. Die liga se sekretaris-generaal, Nokuthula Nqaba, sê die byeenkoms volg ná oproepe vir ‘n gesamentlike nasionale reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Sy sê die diens bring hulde aan […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê voorbereidings vir die 4 November-plaaslike regeringsverkiesing is op koers, met nog vier weke voor kiesers stembus toe gaan. Hy sê die oorblywende tydperk is uiters belangrik en die regering werk saam met verskeie departemente om te verseker die proses verloop vreedsaam en geloofwaardig. […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê hy sal toesig verskerp ná aanbevelings van die Ouditeur-generaal. Die aanbevelings sluit in, noukeurige toesig oor departementele bestuur, bestuurstrukture, aanstellings, die befondsing van vaardigheidsontwikkeling en leerderuitkomste. Manamela sê regstellende stappe moet gedoen word sodra tekortkominge geïdentifiseer word. Hy het ook gevra vir indringende ondersoeke […]
# Sokker: Kaartjies vir die 2026 MTN8-eindstryd tussen Orlando Pirates en Mamelodi Sundowns is amptelik uitverkoop. Die eindstryd vind volgende Saterdag op die Moses Mabhida-stadion plaas en die hekke open om twee-uur die middag. Die Premier-sokkerliga sê ondersteuners moet hul kaartjies op hul selfone aflaai, aangesien skermgrepe en gedrukte kaartjies nie aanvaar sal word nie. […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging waarsku ouers teen ‘n toenemende gevaar rakende die aanlyn seksuele misbruik van kinders. Die Nasionale Sentrum vir Kinderbeskerming sê mense wat kinders aanlyn teiken wen hul vertroue op sosiale media en boodskaptoepassings. MISA se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, vra ouers om hul kinders se aanlynbedrywighede dop te hou en oop, sinvolle gesprekke met […]
# Die Vryheidsfront Plus se veldtog in die aanloop tot die plaaslike verkiesing op 4 November is gefokus op die verbetering van swak dienslewering op plaaslike regeringsvlak. Die partyleier, Corné Mulder, sê gemeenskappe is gefrustreerd oor ontoereikende dienste, korrupsie en wat hy as onbevoegdheid beskryf. Mulder het in Bloemfontein gesê die party stel homself voor […]