Skip to content

Sokker: Pirates en Stellenbosch meet kragte in bepalende Carling Knockout-halfeindronde

# Sokker: Orlando Pirates is vanmiddag weer in aksie teen Stellenbosch in ʼn Carling Knockout-halfeindronde by die Moses Mabhida-stadion. Pirates-afrigter Abdeslam Ouaddou sê sy span is vasbeslote om die eindstryd te haal en die trofee te behou, maar Gavin Hunt glo enige iets is moontlik in beker-wedstryde. Die Buccaneers wil hul titel verdedig en ʼn tweede agtervolgende keer die eindstryd haal, terwyl Stellenbosch hul tweede eindstryd in drie seisoene in die oog het. Die wenner kom in die eindstryd óf teen Mamelodi Sundowns óf Kaizer Chiefs te staan.