# Lesings is op verskeie kampusse van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie opgeskort, nadat studente dit tot stilstand gebring het met betogings oor verskeie bekommernisse, insluitend die voorgestelde finansiële plan vir 2027. Studente is ook ongelukkig oor ‘n verpligte voorafbetaling van sewe-duisend-rand vir akademiese en koshuisregistrasie. Die president van die Studenteraad, Liyabulela Gela, sê […]
# Die Kaapse Vlakte Veiligheidsforum dring aan die nuutaangestelde Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakele Dyanti, moet ‘n ander benadering volg as sy voorganger, Thembisile Patekile. Dyanti begin op 1 September in die pos. Die oproep volg op die dood van 11 mense hierdie naweek in afsonderlike voorvalle regoor die provinsie. Abie Isaacs van die forum sê Dyanti […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het vier groot infrastruktuurbeleggingsgeleenthede verwelkom wat aan plaaslike en internasionale ontwikkelingsfinansiers in Sandton aangebied is. Die projekte behels behuising, lugvaart, grootmaatwater en energie, met ‘n gekombineerde skuldfinansieringsvereiste van meer as 53-miljard-rand. Macpherson sê Infrastructure South Africa verbind geloofwaardige projekte met beleggers om hulle na finansiële […]
# ActionSA doen ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik aan die families van die drie Lily-mynwerkers wat in 2016 oorlede is. Matthew George van die party sê die sertifikaat sal die families toelaat om privaat vervolging in te stel nadat die NVG besluit het om nie strafregtelike op […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank neem regstreekse beheer oor van belangrike regulatoriese en oorsig-funksies wat die Betalingsvereniging van Suid-Afrika voorheen hanteer het. Die veranderings is van vandag af van krag as deel van veranderings om die nasionale betaalstelsel te moderniseer en die veiligheid en veerkragtigheid te versterk. Die vereniging se oorblywende funksies rondom elektroniese geldoorbetalings, DebiCheck, […]
# ‘n Studie deur die Universiteit Stellenbosch het bevind negatiewe emosies kan versterk word onder mense wat op sosiale media met mekaar kommunikeer, met die effek wat versterk word onder depressiewe gebruikers. Die navorser, Kurt Marais, het meer as 12-duisend plasings van ‘n depressie-gefokusde Reddit-gemeenskap ontleed en ‘n instrument ontwikkel om depressieverwante emosionele taal op […]
# Nvidia has partnered with six major financial institutions to raise over 8.1-trillion-rand in third-party capital to fund AI infrastructure. The financiers who signed the memorandum of understanding with Nvidia are Goldman Sachs, Apollo, BlackRock, Blackstone, Brookfield, and KKR. The move highlights how surging demand for AI computing capacity is drawing institutional investors, as governments, […]
# Navorsers in Queensland het vyf Australiese eksters met GPS-opspoorders toegerus om hul bewegings dop te hou en te probeer uitvind hoe ouderdom, geslag en rangorde hul gedrag beïnvloed. Die voëls het mekaar egter binne enkele minute met hul snawels gehelp om dit los te maak en al die toestelle te verwyder. Die navorsers beskou […]
# Rugby: Die Springbok-legende Tendai “Beast” Mtawarira glo Suid-Afrika gaan Nieu-Seeland verslaan in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks. Die stut, met 117 toetse op sy kerfstok, glo die Bokke se grofgeskut-voorspelers sal die All Blacks oorrompel en Suid-Afrika die voordeel besorg. Mtawarira sê die Suid-Afrikaanse pak se krag en fisiese aanslag kan beslissend wees in een […]