# President Vladimir Putin says Russia will respond in kind if European countries seize his country’s merchant vessels. TASS state news agency reports this comes as the European Union intensifies pressure on Russia’s so-called shadow fleet, expanding sanctions against hundreds of vessels and detaining some ships and their crews for checks. Some European governments have […]
# Rugby: Die All Black-veteraan Ma’a Nonu het toestemming van sy ou span gekry voor hy gisteraand sy antwoord op die tradisionele haka op Kingspark in Durban uitgevoer het. Hy het vir die Haaie teen die toerspan gespeel nadat hy onlangs as mentor by hulle aangesluit het. Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê […]
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het ‘n dringende ondersoek gelas na bewerings van seksuele wangedrag wat onderwysers en leerders van die Spesiallisskool Curtis Nkondo in Emdeni, Soweto, betrek. Die departement se woordvoorder, Onwabile Lubhelwana, sê ‘n graad 11-leerder se klagte teen ‘n onderwyser word ondersoek, sowel as ander bewerings wat onderwysers betrek. […]
# Die Presidensie het Eskom se voorsitter, Mteto Nyati, tereggewys omdat hy in die openbaar planne bevraagteken het om die kragvoorsiening te herstruktureer. Hy het gewaarsku dat die oordrag van transmissiebates leningsooreenkomste, rekeningkunde en effektehouers kan beïnvloed. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering is daartoe verbind om te verseker dat Eskom nie […]
# City Power hanteer meer as ses-duisend uitstaande onderbrekings-klagtes in Johannesburg namate ysige temperature die vraag na elektrisiteit verhoog. Die kragonderneming sê ongunstige weerstoestande vertraag reaksietye, terwyl verhoogde kragverbruik bykomende druk op die elektrisiteitsnetwerk plaas. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê spanne werk om die toevoer te herstel. Hy vra inwoners om onderbrekings deur […]
# Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel, Curwin Bosch, gaan in die diepkant ingegooi word wanneer hy die naweek sy buiging vir die Bulle teen die All Blacks maak. Hy het die Haaie in 2023 verlaat en die volgende jaar vir Brive in Frankryk uitgedraf voor hy onlangs by die Pretoriase span aangesluit het. Die 29-jarige, wat […]
# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, glo die jeugdige span wat hy later die maand na Windhoek stuur, sal opgewasse wees teen hullle bure. Hulle gaan ‘n driehoekige T20-reeks teen Namibië en Zimbabwe speel, gevolg deur ‘n eendagreeks teen Namibië. Dit sluit geeneen van die gereelde Proteas in nie. Die veelsydige spelers Duan […]
# South Korea has unveiled an ambitious technology strategy centred on seven projects ranging from nuclear energy and quantum computing to space and biotechnology. The country also seeks to secure new growth engines beyond semiconductors and artificial intelligence. At the launch of the initiative named Seven Major Seed, president Lee Jae-myung stated that it brings […]
# Die VF Plus verwelkom ‘n skikking tussen die Tshwane-metro en die Kleinfontein-aandeleblok, wat deur die Hooggeregshof in Pretoria bekragtig is. Die ooreenkoms beëindig ‘n langdurige regsgeskil oor Kleinfontein se vestiging as ‘n dorp. Kleinfontein moet teen 31 Augustus ‘n nuwe dorpstigtingsaansoek indien. Die skikking stel ook die tariewe vir munisipale boete tersyde wat voorheen […]