# The Huguenot Tunnel on the N1 between Paarl and Worcester in the Western Cappe has been temporarily closed to all vehicles because of strong crosswinds on the overpass. Drakenstein Municipality says all traffic is being diverted via the R101 and Du Toitskloof Pass. The closure will remain in place until weather conditions improve. Motorists […]
# The US military has disabled advertising trackers on phones and computers after reports that commercially collected location data was used to target American forces in the Middle East. Reuters reports the Air Force switched off the trackers on cellphones and computers two months ago, while the Special Operations Command recently disabled them on Windows […]
# Run for Rangers het meer as 549-duisend-rand ingesamel om bewaring en pogings teen stropery in KwaZulu-Natal te ondersteun. Die geld sal aangewend word vir toerusting en opleiding vir veldwagters, die versterking van die stryd teen wildmisdaad, asook nuwe fasiliteite vir ‘n K9-anti-stropery-eenheid. Project Rhino sê die fondse sal praktiese ondersteuning bied aan veldwagters wat […]
# Die Wes-Kaapse regering verwelkom ‘n uitspraak deur die Appèlhof wat kerndele van sy onderwyshervormings handhaaf. Die hof het appèlle deur Equal Education en die onderwysersvakbond SADTU van die hand gewys, wat die wettigheid van samewerkingskole, skenkerbefondsde skole, intervensiefasiliteite en die Wes-Kaapse Skole-evalueringsowerheid bevestig. Die LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê die uitspraak bied sekerheid […]
# Die vakbond Solidariteit het die verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika tot die einde van 2028 verwelkom. Die vakbond is egter bekommerd Suid-Afrika kan van die program uitgesluit word. Hy waarsku die verlies van AGOA-toegang kan die motor- en landboubedrywe benadeel en duisende werksgeleenthede kos. Jaco Kleynhans van Solidariteit het […]
# Die African Transformation Movement sê president Cyril Ramaphosa het nie sy belofte nagekom om tien-duisend bykomende arbeidsinspekteurs aan te stel nie. Zama Ntshona van die party sê meer as ses maande na die belofte is geen nuwe inspekteurs aangestel nie. Ntshona doen ‘n beroep op die regering om werwing te bespoedig en ook die […]
# Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief het boere aangespoor om vroeg voor te berei vir ‘n moontlike droë plantseisoen in 2026/2027. Dit volg na waarskuwings van hoër temperature en droogte wat verband hou met El Niño-toestande. Die voorsitter van Saai, Theo de Jager, sê boere moet hul aanplantings, begrotings en watergebruik noukeurig beplan, en moet ook […]
# Rugby: Babalwa Latsha voer Saterdag die Springbok-vroue teen Nieu-Seeland se Swart Varings aan op die FNB-stadion in Johannesburg. Die eerste toets tussen die spanne op Suid-Afrikaanse bodem begin om half-twee. Ses van die voorspelers was ook in die beginspan teen Nieu-Seeland in verlede jaar se Wêreldbeker-kwarteindstryd, wat die Swart Varings met 46-17 gewen het. […]
#Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn sê die groep van 2026 kan ‘n ongelooflike ervaring in môre se derde Toets teen die All Blacks op die FNB-stadion in Johannesburg verwag. Die stadion, bekend as die Calabash, sal na verwagting stampvol wees met tot 90-duisend toeskouers. Die slot Eben Etzebeth en die kaptein Siya Kolisi is […]