# At least five migrants have been found dead on a boat rescued near Spain’s Canary Islands, while survivors say up to 83 others may have died during the journey. Migrant rights group Walking Borders says the boat had spent 27 days at sea after leaving Gambia. Forty-one survivors were brought ashore in Gran Canaria, […]
# A thick haze from wildfires in Indonesia is spreading across Southeast Asia as a powerful El Niño brings hotter and drier conditions. Millions of people in Indonesia, Malaysia and neighbouring countries are being exposed to potentially hazardous air. Indonesia has recorded nearly 95-thousand hectares of land burned in July alone, while authorities have detected […]
# Die vermeende meesterbrein van ‘n sindikaat wat betrek word by tien-miljoen-rand se bedrog in die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng is vanoggend in hegtenis geneem. Die provinsiale taakspan vir politieke moorde het die voormalige diensverskaffer, die 25-jarige Janitha van Reenen, aangekeer toe sy die Landdroshof in Vanderbijlpark verlaat het waar sy vir ‘n soortgelyke saak verskyn […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê Suid-Afrika benodig sterker en voorkomende beskerming vir verklikkers. Die organisasie sê hy het nie die Wet op Beskermde Bekendmakings in sy huidige vorm ondersteun nie. Hy wil ook hê die polisie moet diegene ondersoek wat na bewering opdrag gegee het vir die moorde op verklikkers en die moorde gefinansier […]
# Rugby: Die Springbok-haker Johan Grobbelaar sal tot 2030 vir die Bulle speel nadat hy reeds in 2017 na Pretoria verhuis het. Hy het meer as 100 wedstryde vir die unie se verskillende spanne gespeel, en tien toetse vir Suid-Afrika sedert sy debuut in 2024. Die Bulle sê in ‘n verklaring die 30-jarige Grobbelaar is […]
# Standard Bank sê China se nultariefbeleid skep nuwe geleenthede vir uitvoerders vanuit Suid-Afrika, Kenia, Zimbabwe en Nigerië om die Chinese mark te betree en uit te brei. Die bank sê laer invoerregte help besighede soos Suid-Afrikaanse vrugte- en wynprodusente om koste te verminder en hul uitvoermarkte te diversifiseer. Hy sê sterker betalingstelsels wat China […]
# Die DA sê Gauteng kan nog ‘n leerderplasingskrisis beleef as skoolaansoeke nie vroeër oopgemaak word nie. Volgens die party moet die Gautengse Departement van Onderwys aansoeke vir die 2027-skooljaar teen April oopmaak en dit tot September oophou. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê dit sal die Departement genoeg tyd gee om aansoeke […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het boere, veeartse en bedryfsgroepe bedank vir hul samewerking in die stryd teen bek-en-klouseer. Meyer doen ‘n beroep op beeseienaars om seker te maak dat hulle diere ingeënt is en dat streng biosekuriteitsmaatreëls gevolg word. Hy sê sterk samewerking tussen die regering en […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê onderrig en leer sal voortgaan ten spyte van die opskorting van die nasionale katalogus vir die grondslagfase van 2026. Die LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê skole sal steeds goedgekeurde leesmateriaal vir volgende jaar kan gebruik. Londt sê die Departement het ook ekstra leesbronne deur middel van sy terug-op-die-spoor-program verskaf: