# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, moet dringend die polisie se verslegtende dienste, vakante leiersposisies en dalende openbare vertroue aanspreek. Masemola keer Maandag terug werk toe nadat president Cyril Ramaphosa sy skorsing opgehef het toe aanklagte teen hom teruggetrek is. Cameron sê die polisiediens […]
# Australia has confirmed its first detection of H5 bird flu on sub-Antarctic Macquarie Island, with the virus found in a southern elephant seal and a kelp gull. The remote island is an important breeding ground for wildlife, including vulnerable elephant seals and penguins. Authorities fear the virus could cause significant deaths among seal pups […]
# Australië het die eerste keer die H5-voëlgriepvirus in ʼn suidelike see-olifant en ʼn kelpmeeu op die sub-Antarktiese Macquarie-eiland gevind. Die afgeleë eiland is ʼn belangrike broeiplek vir die natuurlewe, soos kwesbare see-olifante en pikkewyne. Owerhede vrees die virus kan in die broeityd aansienlike vrektes onder robwelpies veroorsaak. Meer as 13-duisend welpies op die nabygeleë […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging vier die herverkiesing van sy uitvoerende hoof van Operasies, Martlé Keyter, se tweede termyn as adjunkpresident van die Federasie van Vakbonde van Suid-Afrika, FEDUSA. Die vakbond sê sy bevorder al jare lank werkers se regte, gelykheid en waardigheid in die werksplek. MISA-woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê Keyter het ook ʼn belangrike rol gespeel […]
# Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê indien die party verkies word, sal sy ‘n onafhanklike ondersoek na korrupsie in die stad instel. Zille het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek as deel van haar Now or Never-veldtog. Sy sê die ondersoek sal op ‘n soortgelyke wyse as die Madlanga-kommissie aangepak word, […]
# Herstelwerk aan die brandbeskadigde Parlementsgeboue is uitgestel en sal na verwagting eers teen Junie 2027 voltooi wees. Die Ouditeur-generaal se kantoor het tekortkominge in finansiële beheermaatreëls en samewerking tussen die finansiële- en projekspanne uitgewys. ‘n Amptenaar in die Ouditeur-generaal se kantoor, Thomas Mamogwe, sê onvoorsiene probleme op die bouperseel het tot vertragings en bykomende […]
# Pous Leo die Veertiende is terug in die Vatikaan, vier dae nadat hy ‘n operasie ondergaan het om ‘n gedeelte van sy regterlong te verwyder. Die 71-jarige pous het Saterdag op eie stoom uit die Gemelli-hospitaal in Rome gestap en pasiënte en ondersteuners gegroet. Dokters sê hy herstel goed en kan weer sy gewone […]
# Krieket: Suid-Afrika hoop om terug te veg teen Australië in die tweede toets wat vanoggend om tienuur op St George’s Park in Gqeberha begin. Die snelbouler Kagiso Rabada is weer beskikbaar nadat hy herstel het van ’n dyspierbesering wat hom uit die eerste toets gehou het, wat Australië met 214 lopies gewen het. Kaptein […]
# Rugby: Die Stormers het hul Kampioenebeker-veldtog afgeskop met ‘n oortuigende oorwinning van 49-12 oor die Bristol Bears in Kaapstad. Die tuisspan het sewe drieë aangeteken, met Leolin Zas en die senter Jonny Roche wat elk twee gedruk het met die ander deur Seabelo Senatla, Warrick Gelant en André-Hugo Venter. Losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu het al […]