# Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, die Blou Ekonomie en Volhoubare Omgewing, Moses Vilakati, sê El Niño is meer as ‘n weer-verskynsel en raak landbou, waterbronne, voedselsekerheid en ekonomieë. Hy het lidlande aangemoedig om vroeë waarskuwings te omskep in vroeë optrede met droogtebestande gewasse, waterbesparing, voedselreserwe-beveiliging en voldoende beskikbare veevoer. Vilakati vra […]
# Die Security Personnel Party of South Africa vra munisipaliteite om digte bosse te verwyder en stukkende straatligte reg te maak, omdat verwaarloosde gebiede skuiling aan misdadigers bied. Die party se president en stigter, Sello Mashula, sê dit is veral kommerwekkend ná die ontdekking van verskeie liggame in Ekurhuleni. Mashula het ook gevra dat dringende […]
# Die komitee vir Gemeenskapsveiligheid in die Gautengse wetgewer vra dringende optrede ná ‘n toename in ontvoerings. Altesaam 76 ontvoerings is tussen April en Junie in Kemptonpark aangeteken, wat 58,3-persent meer is as in dieselfde tydperk verlede jaar. Gauteng het twee-duisend-367 aangeteken, meer as die helfte van die nasionale totaal. Die komitee se voorsitter, Bandile […]
# Kleinskaalse visserykoöperasies en ondernemings aan die Kaapse Weskus kry ‘n hupstoot met SANParke se vaardigheidsontwikkelingsprogram. Twintig vissers van Saldanhabaai en omliggende gemeenskappe het opleiding in skipbestuur en sakebeplanning voltooi. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die program ondersteun volhoubare voortbestaan as deel van die organisasie se Vision 2040-program. SANParke het ook visvangtoerusting verskaf en […]
# Die Spesiale Tribunaal se regter, Chantel Fortuin, het die raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens gekritiseer oor sy besluit om ‘n huurooreenkoms te verleng met Flyfofa Airways, wat as Flyfofa Aviation and Training sake doen. Fortuin het die 2019-besluit rondom ‘n ooreenkoms van 85,3-miljoen-rand, tersyde gestel omdat dit onregmatig was. Die Spesiale Ondersoekeenheid sê SAA […]
# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie verwelkom die vordering in die ondersoek na die moord op twee polisiebeamptes in Libode in die Oos-Kaap. Adjudant-offisier Thando Magoxo en konstabel Ntlahla Tyhali is dood toe hul op ‘n beweerde roof in ‘n spazawinkel gereageer het. POPCRU sê twee verdagtes is in hegtenis geneem en nog drie is tydens […]
# Die EFF-leier Julius Malema hou vandag die party se plaaslike verkiesingsmanifes-byeenkoms op die Delft-Suid-sportsentrum in Kaapstad. Die party fokus op Stad Kaapstad in die aanloop tot die plaaslike verkiesing op 4 November. Die EFF sê sy veldtog fokus op dienslewering, misdaad, behuising, sanitasie, elektrisiteitskoste en werkloosheid. Die party sal ook sy standpunt oor grondhervorming […]
# Elizabeth “Tsontso” Moselakgomo word vandag in Phake-Ga Rankaila in Mpumalanga ter ruste gelê. Die 38-jarige is een van nege vroue wie se liggame in Ekurhuleni gevind is. Moselakgomo het verlede week verdwyn nadat sy haar huis in Rhodesfield, Kemptonpark, vir ‘n middag-drafsessie verlaat het. Die polisie sê haar agtjarige dogter het familielede in kennis […]
# Russiese owerhede sê twee mense is dood in wat beskryf word as ‘n reuse- Oekraïnse hommeltuigaanval op Moskou en die omliggende gebied. Moskou se burgemeester, Sergei Sobyanin, sê meer as een-duisend-600 hommeltuie is sedert Saterdag onderskep, waarvan 450 die hoofstad geteiken het. Verskeie hommeltuie het ‘n olieraffinadery in Moskou getref, terwyl nog een ‘n […]