# Al Jama-ah sê dienslewering en ekonomiese ontwikkeling is sentraal in sy verkiesingsmanifes vir plaaslike regering, wat in Soweto bekendgestel is. Die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Ashley Mama, sê Al Jama-ah wil gebrekkige munisipale dienste herstel. Prioriteite sluit in die verbetering van toegang tot water, elektrisiteit, grond en behuising. Hy sê vennootskappe met die […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, blameer senior raadgewers vir die Republikeinse Party se swak vooruitsigte voor volgende maand se middeltermyn-verkiesing. Trump bevraagteken verkiesingsuitgawes, die keuse van kandidate en die moontlike herafbakening van kiesafdelings, met meningspeilings wat toon die Demokrate kan beheer van die Huis oorneem. Spanning neem ook toe tussen Trump se politieke raadgewers, […]
# Oudpresident en MK-party-leier Jacob Zuma is ontslaan uit die Netcare St Anne-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Zuma is op 6 Oktober opgeneem nadat hy tydens ‘n geleentheid in Msinga siek geword het. MK-woordvoerder, Sifiso Mahlangu, sê dokters het bevind hy ly aan uitputting. Hy sê Zuma het die hospitaal in goeie luim verlaat en sal […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa is vol vertroue die party sal in die komende plaaslikeregeringsverkiesing steun kan terugwen. Ramaphosa het tydens ‘n veldtogsaamtrek in die Wes-Kaap gesê die onlangse oorwinning in die Konstitusionele Hof oor die insluiting van kandidatelyste in ses munisipaliteite het die party nuwe stukrag gegee om kiesers se vertroue te herwin en […]
# Die Inkatha Vryheidsparty het sy Limpopo-manifes in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing bekendgestel. Die geleentheid het by die Relela Thusong-dienssentrum in Groter Tzaneen, Mopani-distrik, plaasgevind. ʼn Lid van die IVP se Nasionale Uitvoerende Komitee, Albert Mokoena, sê die party fokus op werkskepping, beter dienslewering, skoon regering, tradisionele leierskap, sterker plaaslike ekonomiese ontwikkeling en werkskepping sonder […]
# Rugby: Die Bulle het hul Kampioenebeker-veldtog begin met ‘n oortuigende oorwinning van 56-20 oor Stade Français in Pretoria. Die twintigjarige vleuel Cheswill Jooste het ‘n driekuns behaal, met die eerste een binne 20 sekondes na die afskop. Cobus Wiese, Cameron Hanekom, Marco van Staden, Jeandré Rudolph en Jan-Hendrik Wessels het ook oorgeduik. Losskakel Handré […]
# Rugby: Die Leeus het hul eerste wedstryd in die Europese Kampioenebeker-liga met 31-14 teen die Franse span La Rochelle verloor, maar het ‘n dapper vertoning gelewer ter ere van hul spanmaat, Hyron Andrews wat Vrydag dood is. Die spelers het na ‘n vroeë agterstand teruggeveg tot 14-elk, danksy drieë deur Henco van Wyk en […]
# Die Nasionale Kernreguleerder gaan Dinsdag ʼn kern-noodoefening by die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad uitvoer. Die doel is om gereedheid vir noodgevalle en reaksie-prosedures te toets, en samewerking te verbeter tussen organisasies wat verantwoordelik is vir die hantering van ʼn moontlike kern-noodgeval. Die uitvoerende hoof, Ditebogo Kgomo, sê die oefening sal ook gapings en geleenthede vir […]
# Suid-Afrika beplan om sy groothandel-elektrisiteitsmark volgende jaar in April bekend te stel en die sektor oop te maak vir onafhanklike kragverskaffers, handelaars en kopers wat kwalifiseer. Die mark wil mededinging uitbrei, prys-deursigtigheid verbeter en beleggings, ook in hernubare energie, lok. Die Nasionale Energiereguleerder handel tans reëls oor tariewe, handel en markoorsig af. Bedryfkenners sê […]