# Die ACDP-raadslid, Palesa Yates, sê Ekurhuleni benodig dringende hervormings in bestuur, finansies en dienslewering. Yates sê die metro moet genoeg kontantreserwes handhaaf om bedrywighede minstens 25 dae te dek. Sy vra ook verbeterings aan infrastruktuur, insluitend die herstel van slaggate, die instandhouding van waterinfrastruktuur en die herstel van kragonderbrekings binne 24 tot 48 uur. […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging vra dringende hervormings om vroue se toegang tot grond te verbeter. Dit volg nadat parlementêre bevindings getoon het minder as 35-persent vroue wat ondervra is besit grond, vergeleke met meer as die helfte mans. Die beweging vra ‘n nasionale oudit van vroue se toegang tot grond, sterker beskerming van grondbesitregte en […]
# AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat om oudpresident Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheidsera te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong kinders dood is. Mbeki […]
# Oudpresident Thabo Mbeki sal na verwagting vandag en môre getuig voor die Khampepe-kommissie van ondersoek. Sy getuienis kan lig werp op bewerings van politieke inmenging, asook op die rede waarom sekere misdade uit die apartheidsera, waarna die Waarheids- en Versoeningskommissie verwys het, nooit vervolg is nie. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof ‘n aansoek […]
# Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, is vandag terug by die werk nadat president Cyril Ramaphosa sy voorsorgskorsing opgehef het. Dit volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag strafregtelike aanklagte teen hom in September teruggetrek het. Masemola is in April geskors vir beweerde versuim om toesig te hou oor ‘n polisie-gesondheidsdienskontrak ter waarde van 360-miljoen-rand, wat […]
# Die Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies. Hy bevestig die raad en […]
# Die Activists and Citizens Forum sê die sakeman, Sulliman Carrim, behoort nie borgtog te kry nie. Carrim doen aansoek om borgtog nadat hy verlede week op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van minagting van die Madlanga-kommissie. Carrim het nie voor die kommissie verskyn nie en mediese redes […]
# Suid-Afrika se mediasektor herdenk vandag Swart Woensdag, wat verwys na die apartheidsregering se onderdrukking van mediavryheid op 19 Oktober 1977. Die koerante The World en Weekend World is verbied en 19 organisasies van die Swartbewussynsbeweging onwettig verklaar. ‘n Uitgesproke kritikus van apartheid, die joernalis Percy Qoboza, was een van diegene wat aangehou is. Die […]
# Die DA se burgemeesterskandidaat in Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê 32 van die stad se 37 openbare swembaddens is tans gesluit, ondanks die feit dat meer as 1,27-miljoen-rand maandeliks aan sekuriteit bestee word. Rasilingwane sê meer as 9,1-miljoen-rand is ook op herstelwerk, instandhouding en chemikalieë bestee. Die syfers het aan die lig gekom tydens die […]