# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het Eskom versoek om sy ooreenkoms met die Stad Johannesburg bekend te maak voordat enige onderbrekings in die elektrisiteitstoevoer oorweeg word. Die organisasie het ook strenger toesigmaatreëls voorgestel, insluitend onafhanklike monitering van elektrisiteitsinkomste en gereelde openbare verslagdoening. Julius Kleynhans van OUTA sê hoewel die nutsmaatskappy die reg het om geld […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê hulle sien uit na samewerking met die nuut aangestelde minister David Maynier om biodiversiteitsbewaring, klimaatsveerkragtigheid, volhoubare ontwikkeling en werkskepping deur die groen-ekonomie te bevorder. Die departement bly verbind tot die beskerming van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne terwyl ekonomiese geleenthede uitgebrei word. Maynier se leierskap kom […]
# Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê hulle sal begin om mense wat onwettig staatsbefondsde huise beset, uit te sit nadat hofbevele verkry is. Die huise sal teruggeëis word, waar nodig opgeknap word, en teruggegee word aan kwalifiserende begunstigdes wat al jare lank op behuising wag. Tahir Sema van die Departement sê onwettige besetting […]
# Die Kaapse Wynland-lughawe en die Universiteit Stellenbosch het ‘n vennootskapsooreenkoms onderteken om vernuwing, navorsing en vaardigheidsontwikkeling te ondersteun vir die lughawe se beplande uitbreiding van agt-miljard-rand. Dit sal tydens die bou-fase na verwagting ongeveer 35-duisend-werksgeleenthede skep en meer as 100-duisend regstreekse en onregstreekse werksgeleenthede in die Wes-Kaap. Deresh Ramjugernath van die universiteit sê die […]
# Rugby: Louis Rees-Zammit sal môre in sy gunstelingposisie as vleuel vir Wallis speel in die Nasieskampioenskapstoets teen Fidji in Cardiff. Hy het in al vyf die span se Sesnasies-wedstryde heelagter gespeel. Die hoofafrigter, Steve Tandy het ses veranderinge aan die groep aangebring wat die Barbarians verlede naweek met 33-31 op Twickenham geklop het en […]
# Motorsport: Formule Een-renjaers sal ‘n paraderonde in Lego-motors ry voor Sondag se Britse Grand Prix op Silverstone. Dis deel van die Deense speelgoedvervaardiger se reeks geleenthede wat verlede jaar begin het, insluitend in Miami in Amerika waar die renjaers gejaag het in lewensgrootte tweesitplek-elektriese motors wat van Lego-blokkies gebou is. Die drie podiumwenners op […]
# Rugby: Die Johannesburgse Metropolisie het motoriste gewaarsku oor verkeersontwrigtings rondom die Ellispark-stadion weens môre se toets tussen die Springbokke en Engeland. Strate in Nuwe Doornfontein word reeds vanaand gesluit, met uitgebreide padsluitings wat tot môreaand sal duur. Woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes sal ontplooi word om verkeer te bestuur en veiligheid te verseker, terwyl […]
# Die adjunkminister van Toerisme, Makhotso Sotyu, het amptelik die Mthontsi Gastehuis en Konferensiesentrum in KwaMaqoma onthul. Die sentrum beoog om toerisme in die Amathole-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap te bevorder. Die fasiliteit van 31-miljoen-rand sluit chalets, ‘n rugsakreisigersherberg, konferensiegeriewe en ondersteunende infrastruktuur in. Sotyu sê die projek sal werksgeleenthede skep en plaaslike ekonomiese ontwikkeling ondersteun […]
# Die Stad Tshwane het begin om huishoudings in verskeie informele nedersettings wat kwalifiseer te verskuif na ontwikkelde erwe in Leeufontein Uitbreiding 32. Die program het in die Tsunami Informele Nedersetting begin, waar 162 begunstigdes tans verskuif word. Bykomende verskuiwings sal Maandag plaasvind vanaf ander nedersettings, insluitend Nkandla, Mavuso, Willow Farm, Mamelodi Uitbreiding 11, Youth […]