Skip to content

Skole in Italië, Ierland en Britanje ontruim ná vals bomdreigemente

# Meer as 300 skole in Italië is gister ontruim nadat bomdreigemente per e-pos ontvang is. Die boodskappe het ook gedreig oor ‘n ploftoestel in die eerste minister, Giorgia Meloni se motor. Italiaanse ministers vermoed ‘n doelbewuste veldtog om vrees aan te wakker, ná soortgelyke vals dreigemente by skole in Brittanje en Ierland, sowel as mediamaatskappye in Bulgarye. Meloni sê ondersoeke het geen werklike gevaar opgelewer nie, maar indringende ondersoeke duur voort. Die minister van Verdediging, Guido Crosetto, gaan aan die parlement oor die voorval en breër veiligheidskwessies verslag doen.