# Die Nasionale Tesourie het konsepwetgewing vir openbare kommentaar vrygestel, wat daarop gemik is om langtermynfiskale dissipline ’n formele deel van Suid-Afrika se openbare finansiële stelsel te maak. Die voorgestelde fiskale anker sou van elke nuwe administrasie vereis om sy eie finansiële doelwitte te stel in ooreenstemming met sy verkiesingsmandaat. Elke administrasie sal dan enige […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik dring aan op ‘n onafhanklike ondersoek na ‘n tender van 70-miljoen-rand wat deur die Merafong-munisipaliteit in Gauteng toegeken is. Volgens die organisasie is die kontrak toegeken aan ‘n maatskappy wie se bod byna 35-miljoen-rand duurder was as dié van die bieër wat deur die munisipaliteit se evalueringskomitee aanbeveel is. Hy […]
# Build One South Africa verwelkom die brandstofverligting ter waarde van tien-miljard-rand wat in die mini-begroting aangekondig is, na herhaaldelike oproepe dat die regering verbruikers moet bystaan wat met stygende koste te kampe het. Die brandstofheffing sal van 4 November met drie-rand per liter vir diesel en een-rand-50-sent vir petrol verlaag word, met verligting wat […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die tydelike verligting ten opsigte van die brandstofheffing, wat deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana aangekondig is, is ‘n oorwinning vir werkers, hul gesinne en georganiseerde arbeid. Van 4 November tot 1 Desember sal die brandstofheffing met drie-rand-per-liter vir diesel en een-rand-50-sent vir petrol verminder word, waarna kleiner verminderings tot […]
# Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê byna nege uit elke tien jong Suid-Afrikaners drink gereeld Rooibos, wat hierdie tradisionele drankie gewild hou. ’n Opname onder meer as 400 Mellennials- en Generasie Z-verbruikers toon dat 59-persent vaan hulle ditdaagliks drink, terwyl 84-persent dit verkieslik warm geniet. Jonger verbruikers eksperimenteer egter ook met yskoue Rooibos, cappuccino’s, en selfs […]
# Rugby: Die Springbok-flank Paul de Villiers sal Saterdag in Kaapstad weer die Stormers aanvoer in hul kragmeting teen die Scarlets van Wallis in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die gereelde kaptein, Ruhan Nel, is steeds langs die kantlyn weens ’n ligte kuitbesering en die swpan is nie haastig om hom terug te bring nie. De Villiers […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Louis Oosthuizen keer terug na die DP World-toer na sy besluit om LIV Gholf te verlaat. Die 44-jarige het vyf jaar gelede by LIV aangesluit, maar die liga ondervind ‘n onseker toekoms nadat Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy finansiële steun onttrek het. Oosthuizen sê die besluit was een van die moeilikstes […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement waarsku werksoekers teen vals aanlyn advertensies vir onderwysposte en poste as eksamenassistente. Een vals advertensie beweer werklose jongmense kan agt-duisend-230-rand verdien deur in Desember matriekeksamenvraestelle na te sien. Millicent Merton van die Departement doen ‘n beroep op werksoekers om vakatures deur amptelike kanale te verifieer, en waarsku die departement sal nooit […]
# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Regter Mbuyiseli Madlanga, het voorgestel daar moet aan die waarnemende koördineerder van die Nasionale Intelligensie-koördineringskomitee, Ntandazo Sifolo, geskryf word met die versoek om te heroorweeg watter dele van sy getuienis gedeklassifiseer kan word. Madlanga sê die kommissie het nie die bevoegdheid om inligting te deklassifiseer nie, maar het ‘n […]