# Cricket: Australian batter Steve Smith says memories of the 2018 ball-tampering scandal still return as he prepares to play a Test series in South Africa for the first time since the incident. He says the sound of camera flashes can trigger memories of the fallout during the third Test in Cape Town, which saw […]
# Sokker: Die voormalige Engelse kaptein, David Beckham, sê die Argentynse ster-speler Lionel Messi verdien vanjaar se Ballon d’Or in sy finale jaar van internasionale sokker. Die 39-jarige is saam met 29 ander spelers benoem vir die gesogte toekenning, wat hy al agt keer tevore gewen het. Beckham sê Messi het nog ‘n briljante Wêreldbekertoernooi […]
# Die ANC-vroueliga sê daar is ‘n behoefte aan eenheid en gesamentlike optrede ná die toenemende aantal vroue wat in Ekurhuleni, Gauteng, vermoor is. Volgens die party blyk dit die moorde volg ‘n kommerwekkende patroon en het vrese laat ontstaan dat ’n reeksmoordenaar daarvoor verantwoordelik kan wees. Die sekretaris-generaal van die liga, Nokuthula Nqaba, doen […]
# Navorsing deur die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Maatskaplike Ontwikkeling in Afrika het bevind maatskaplike toelaes word hoofsaaklik vir noodsaaklike huishoudelike behoeftes gebruik, maar kan ook produktiewe lewensbestaans-aktiwiteite ondersteun. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê die navorsing het bevind dat die Maatskaplike Noodverligtingstoelaag van 370-rand verbind word met ‘n toename van […]
# Die Stad Kaapstad sê sy vrywillige wetstoepassingsbeamptes het in die 2025/2026-boekjaar meer as 76-duisend diensure aangeteken. Die byna 380 vrywilligers het voltydse beamptes ondersteun deur middel van patrollies en openbareveiligheidsoperasies. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die vrywilligers het ook 148 arrestasies uitgevoer, drie vuurwapens, twee nagemaakte vuurwapens en 104 gevaarlike […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op beter sekuriteit by skole in KwaZulu-Natal ná die moord op ‘n leerder by die Ndengezi Intermediate School in KwaNdengezi, naby Pinetown. Die leerder is volgens berigte Maandag op die skoolterrein doodgeskiet. Zamani Dladla van die vakbond sê talle skole het te kampe met sekuriteitsuitdagings, waaronder swak […]
# Krieket: Die gewese Protea-sterbouler Allan Donald het groot lof vir die jong Lions-naatbouler JJ Basson, wat onlangs die beste vertoning vir ‘n Suid-Afrikaanse bouler in ‘n eersteklas-buiging gelewer het. Die 18-jarige het 11 Bolandse paaltjies geneem in hulle KSA-vierdagwedstryd in Johannesburg. Donald, een van die Lions se afrigters, sê Basson het geboul met die […]
# Die Minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die mynbousektor moet nie wins bo werkers se gesondheid en veiligheid stel nie. Tydens ‘n beraad oor myngesondheid en -veiligheid in Kemptonpark, Gauteng, het Mantashe gesê 49 mynwerkers teen 14 September hierdie jaar alreeds in die bedryf gesterf, vergeleke met 41 sterfgevalle verlede jaar. […]
# AfriForum is tevrede met Amerika se jongste stappe teen Suid-Afrika, want dit sal nie gewone burgers benadeel nie, maar slegs politici en ander wat beskuldig word van ernstige menseregteskendings teen Afrikaners en ander minderhede. Dit sluit in oproepe tot geweld en grondonteiening sonder vergoeding. Woordvoerder Kallie Kriel sê die regering het hom doof gehou […]