# COSATU doen ‘n beroep op dringende maatreëls om werkers en die ekonomie te beskerm teen die skerp brandstofprysstygings wat volgende week verwag word. Petrol sal na verwagting met tot een-rand-sewe-sent per liter styg, terwyl diesel met soveel as twee-rand-92-sent kan styg. Die vakbondfederasie sê die verhogings sal verdere druk op huishoudings plaas wat reeds […]
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die afname verwelkom in moorde wat gedurende die eerste kwartaal van die 2026/2027-boekjaar in die provinsie aangeteken is. Die jongste kwartaallikse polisiemisdaadstatistiek toon moorde het met 6,7-persent in die provinsie afgeneem van een-duisend-148 gevalle tussen April en Junie 2025, tot een-duisend-71 gevalle in dieselfde tydperk in die huidige […]
# Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi het misluk om ernstige geweldsmisdade in die provinsie te bekamp. Volgens polisie-misdaadstatistiek bly Gauteng die land se grootste bydraer tot ontvoering, met ‘n verstommende 51-persent van alle aangemelde ontvoeringsake landwyd tussen April en Junie vanjaar, terwyl een-duisend-772 poging-tot-moord-sake aangemeld is. Crezane Bosch van die DA sê […]
# Nepal gaan tussen 65-miljard en 81-miljard-rand benodig om die land te herbou na dié week se verwoestende vloede op sy grens met China. Die land se minister van Finansies, Swarnim Wagle, het aan Reuters gesê die skatting is voorlopig, met amptenare wat steeds die volle omvang van die skade beraam. Die vloede het huise […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die motor-meesterplan 2035 moet die kleinhandelmotorbedryf insluit. Volgens die vakbond fokus die plan te veel op voertuigvervaardiging terwyl handelaars, dienssentrums en vulstasies uitgelaat word. Phakamile Hlubi-Majola van MISA sê meer as 311-duisend mense werk in die kleinhandelmotorbedryf en behoort by die plan baat te vind. Hlubi-Majola sê die meesterplan het nie […]
# Taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni het voor die Madlanga-kommissie gesê sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en Katiso “KT” Molefe het na bewering as huurmoordenaars vir die oorlede taxi-baas Mswazi Msibi gewerk. Sibanyoni sê Msibi het sy sekuriteit versterk nadat hy Sibanyoni in 2006 oor ‘n beweerde sluipmoordpoging gekonfronteer het. Hy het getuig Msibi het homself omring […]
# ‘n Ongewone geskil oor kaasname soos feta, manchego en Parmigiano Reggiano, is nou ‘n struikelblok in handelsgesprekke tussen Amerika en Mexiko. Amerika voer aan dié name het algemene benamings geword en Amerikaanse kaasvervaardigers behoort dit te kan gebruik as hulle produkte na Mexiko uitvoer. ‘n Handelsooreenkoms tussen Mexiko en die Europese Unie sal dié […]
# Rugby: Die Springbokke sal weereens die nommer-een-posisie op die wêreldranglys beklee as hulle vandag teen die All Blacks in Kaapstad wen. Suid-Afrika het die posisie aan Nieu-Seeland afgestaan ná verlede naweek se nederlaag van 33-16 in die eerste toets van die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks op Ellispark. Ierland is tans derde op die ranglys, gevolg […]
# Rugby: Die Stormers het met die oog op die 262222/27-seisoen kontrakverlengings met sleutelspelers gesluit, onder ander nege Verenigde Rugbykampioenskap-wenners wat by die blou en wit aanbly. Ruhan Nel, Deon Fourie, Seabelo Senatla, Leolin Zas, Marcel Theunissen, Hacjivah Dayimani, Warrick Gelant, Adré Smith en JJ Kotzé, is almal titelwenners in die 22/23-seisoen en het hul […]