# AgriSA het die opheffing van die beperkings op die beweging van vee in Limpopo en die Oos-Kaap verwelkom na die suksesvolle beheer van bek-en-klouseer-uitbrekings. Die Department van Landbou het bevestig dat meer as 144-duisend diere ingeënt is en melk van plase in kwarantyn mag nou na ‘n enkele pasteurisering verkoop word. Terwyl 76 plase in die Oos-Kaap onder kwarantyn bly, vra AgriSA vir volgehoue biosekuriteitswaaksaamheid om die ekonomie, veebedryf en nasionale voedselsekerheid te beskerm.
AgriSA verwelkom beëindiging van bek-en-klouseer-beperkings in Limpopo en Oos-Kaap