# AgriSA, Agri Wes-Kaap en die Inmaakvrugteprodusentevereniging vra dringende gesprekke met Premier Foods oor planne om sagtevrugte-inmaak by sy Tulbagh-aanleg voor die 2026/2027-oes te staak. Die organisasies waarsku die sluiting kan meer as 200 vrugteprodusente, duisende werksgeleenthede en die breër Wes-Kaapse vrugtebedryf raak. Hulle doen ‘n beroep op premier Alan Winde om bestaande ondernemings na te kom en alle belanghebbendes tyd te gee om ‘n volhoubare oplossing te vind wat boere, werkers en die streek se langtermyn-landbouproduksie beskerm.
Agri-groepe vra dringende optrede om Tulbagh-vrugte-inmaakindustrie te red