Skip to content

Absa in Mauritius beplan om befondsing vir groen projekte teen 2030 te verviervoudig

# Absa in Mauritius beplan om die befondsing vir groen projekte teen 2030 byna te verviervoudig om die eiland-nasie se doelwitte vir die vermindering van uitstralings te ondersteun. Moneyweb berig die eenheid van die Absa Groep, wat volgens bates die derde grootste bank in Suid-Afrika is, wil groen lenings tot 6,2-miljard-rand verhoog vanaf 1,65-miljard-rand aan die einde van verlede jaar. Mauritius het ‘n uitdagende teiken gestel om teen 2030 kweekhuisgasuitstralings met 40-persent te verminder om aardverwarming te beperk. Toenemende gevalle van oorstromings, droogte en koraalbleiking bedreig die seelewe sowel as die noodsaaklike toerismebedryf.