# Rugby: President Cyril Ramaphosa het die Orde van Ikhamanga aan die Springbok-hoofafrigter Rassie Erasmus toegeken tydens ‘n seremonie in Pretoria. Die toekenning is Suid-Afrika se hoogste eerbewys in sport, kuns en kultuur. Erasmus, ‘n tweemalige Wêreldbeker-wenner af afrigter, is geprys oor hoe hy die sport gebruik om Suid-Afrikaners te verenig. Die Noordwes-Universiteit beskryf hom as ‘n inspirasie en sê sy leierskap vorm steeds nasionale trots en sosiale samehorigheid.
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus ontvang Nasionale Orde van Ikhamanga