# Die Suid-Afrikaanse superster, Tyla, sal een van die kunstenaars wees met die openingseremonies van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Daar sal afsonderlike seremonies wees in die gasheerlande – Amerika, Mexiko en Kanada. Die vieringe begin op 11 Junie in Mexiko waar die Grammy-bekroonde Tyla saam met ander kunstenaars soos J Balvin en Los Ángeles Azules sal optree. Amerika en Kanada se openingseremonies vind op 12 Junie plaas waar Tyla in die SoFi-stadion saam met Katy Perry en Rema sal verskyn.
Tyla gaan optree met openingseremonie van Wêreldbeker-sokkertoernooi in Noord-Amerika