# Die man wat die natuur en sy wonders vir baie jare na miljoene TV-kykers reg oor die wêreld gebring het, David Attenborough, is vandag 100. Hy het sy deurbraak in 1979 gemaak met die TV-reeks ‘Life on Earth‘ in die Verenigde Koninkryk. Attenborough sal vandag die mylpaal vier met ‘n spesiale BBC-program, ‘Secret Garden‘, ‘n konsert, natuurwandelings en boomplanting. Sy maklik-herkenbare stem is na meer as 70-jaar van rolprent-vervaardiging sinoniem met die verhaal van die natuur, en hy is steeds aan die voorpunt van omgewingsbewaring.
Gevierde wêreldbekende omgewingskundige David Attenborough is vandag 100 jaar oud