# Die regering het streeksamewerking binne die Suider‑Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gelas om bestendigheid in die voorsiening van brandstof en kunsmis te verseker. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering gryp in om brandstofpryse te verlig te midde van wêreldwye spanning weens die voortgesette konflik in die Midde-Ooste. Sy sê die kabinet het die brandstoftoelaag van 17,2-miljard-rand goedgekeur van April tot Junie, wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, aangekondig het:
Regering gelas streeksamewerking om bestendige voorsiening van brandstof en kunsmis te verseker [KLANK]
ENG-NtshavheniOnFuel