# Oorstromings het reeds drie mense se lewens geëis terwyl swaar reën oor die land voortduur. Die Nasionale Rampbestuursentrum sê twee liggame is in die Noord-Kaap gevind na die dood van ‘n 12-jarige in Taung, Noordwes. ‘n Oranje vlak agt-waarskuwing bly van krag met gesamentlike bedryfsentrums landwyd aktief. Infrastruktuurskade is in Noordwes en die Noord-Kaap aangemeld, terwyl die Wes-Kaap, veral die Tuinroete, noukeurig gemonitor word. Die gure weer sal na verwagting tot môre voortduur.
Dodetal styg terwyl oorstromings dele van die land teister