Skip to content

Minister Steenhuisen verdiep biosekerheids-alliansie met Argentinië om bek-en-klouseer te beveg

# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het sleutelooreenkomste met Argentinië gesluit wat daarop gemik is om Suid-Afrika se reaksie op bek-en-klouseer te versterk en die toekoms van die veesektor te beskerm. Suid-Afrika het reeds 2,5-miljoen dosisse entstowwe ontvang en versprei. Steenhuisen het tydens ‘n werksbesoek gesê daar moet onmiddelik ‘n bestendige en voldoende entstofpyplyn verseker word. Hy beklemtoon die doel is om ‘n veerkragtige dieregesondheidstelsel te bou wat nie net die huidige uitbreking kan bestuur nie, maar ook toekomstige krisisse kan voorkom.