Skip to content

Absa AgriTrends-verslag waarsku oor aansienlike toename in voedselpryse te midde van Midde-Oosterse konflik

# Daar is steeds ʼn vraag na Suid-Afrikaanse produkte in die Midde-Ooste, maar uitvoerders moet gereed maak vir ʼn wisselvallige handelsomgewing terwyl die konflik voortduur. Dit is volgens die Absa AgriTrends-verslag. Loffie Brand van Absa AgriBusiness waarsku dat met petrol- en dieselpryse wat in April op ʼn maandgrondslag onderskeidelik met ongeveer 15- en 40-persent per liter gestyg het, gaan boere wie se plant- of oesseisoen begin kostedruk ondervind. Hy sê logistieke ontwrigting sal koste en risiko-profiel laat toeneem vir uitvoerders wat vragkoste moet betaal. Hy sê dit word veroorsaak deur skepe se verhoogde brandstofkoste.