Skip to content

ANC wens Ramaphosa geluk met sy eredoktorsgraad

# Die ANC het president Cyril Ramaphosa gelukgewens met sy eredoktorsgraad in internasionale betrekkinge van die Universiteit van Malaya in Maleisië. Die universiteit het gesê die verlening weerspieël die erkenning van Ramaphosa se leierskap, bydraes tot internasionale betrekkinge en toewyding aan globale ontwikkeling. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die toekenning is ook ‘n bewys van Ramaphosa se toewyding aan diplomasie, inklusiewe regering en streeksamewerking.