Skip to content

Padwedlope: Kaapstad-marathon ter elfder ure gekanselleer weens sterk wind

# Padwedlope: Die Kaapstad-marathon is net ure voor die aanvang gekanselleer weens veiligheidskwessies wat verband hou met sterk wind. Meer as 24-duisend deelnemers van regoor die wêreld sou die 42,2-kilometer lange wedloop aanpak. Verslae dui op skade aan die wegspringplek en ontwrigte waterstasies. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê hy is namens die atlete hartseer oor die kansellasie, maar ondersteun die organiseerders se besluit om veiligheid eerste te stel. Die kansellasie is ‘n groot terugslag vir die marathon se bod vir insluiting in die Abbott World Marathon Majors.