Skip to content

Jong wetenskaplikes vereer op Eskom se Internasionale Wetenskapskou

# Ses volledige beurse ter waarde van vyf-miljoen-rand is op vanjaar se Eskom Ekspo-Internasionale Wetenskapskou toegeken vir studies in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde. Die beste jong wetenskaplikes van Suid-Afrika en ander lande soos Lesotho, Namibië, Zimbabwe, Ierland, Indië en Rusland het deelgeneem. Die wenners van die beurse kom van KwaZulu-Natal, Limpopo en die Vrystaat. Die ingenieurs- en tegnologie-reuse Babcock International en Siemens Energy het ook ses volledige beurse met ‘n gesamentlike waarde van 6,2-miljoen-rand toegeken.