# Die Stad Johannesburg is een van die finaliste vir die 2025 Bloomberg Filantropiese toekennings vir plaaslike leiers. Die toekennings erken vernuwende beleidsrigtings, projekte en programme van plaaslike leiers wat oor die afgelope drie jaar klimaatverandering bevredigend aangespreek het. Die burgemeester Dada Morero sê die erkenning is duidelike bevestiging van die metro se Just Transition-benadering. Hy sê hulle lei ‘n gedesentraliseerde, klimaatbestande en insluitende energiestelsel wat waardigheid, maatskaplike voordele en ‘n beter laekoolstof toekoms na randgemeenskappe sal bring.