# Die 2025 Siyabakhumbula-toekennings word nadoods toegeken aan ʼn merkwaardige groep gevierde Suid-Afrikaners wat die land se kulturele, sport en sosiale landskap verander het. Die digter en skrywer Don Mattera, viermalige wêreld-bokskampioen Jacob “Baby Jake” Matlala, jazz-sanger Gloria Bosman, en die filmvervaardiger Junald Ahmed is onder dié wat vanjaar vereer word. Vanjaar se toekennings wat die 15de keer aangebied word, vereer mense wat reeds dood is maar in hul leeftyd buitengewone bydraes gelewer het, asook dié wat steeds ʼn betekenisvolle bydrae lewer. Die toekenningsgeleentheid vind Saterdag by die Gold Rush Dome in Johannesburg plaas.
Don Mattera, Baby Jake en Gloria Bosman word op 2025 se Siyabakhumbula-toekennings vereer