Skip to content

Unisa bied 6de veeltalige spelkompetisie aan

# Die Universiteit van Suid-Afrika bied vandag die sesde veeltalige Spelling Bee-kompetisie in Pretoria aan. Die unieke kompetisie daag leerders van Grade 8-tot-11 uit om woorde in verskillende tale te spel om die ryk taal-tapisserie van die land te wys. Dit bestaan uit vier rondes wat ontwerp is om die deelnemers se taalvaardigheid elke keer verder uit te daag. Die wenner vanjaar sal vyf-duisend-rand en ‘n skootrekenaar wen, met die naaswenner wat drie-duisend-500-rand en ‘n tablet sal ontvang en die derdepryswenner sal met twee-duisend-500-rand en ‘n tablet sal wegstap.