# ‘n Nadoktorale student van die Durban Universiteit van Tegnologie, doktor Kehinde Christopher Adewumi, is vereer met die gesogte toekenning vir opkomende vakkundiges van die Common Ground Research Networks in Amerika. Ontvangers word gekies op grond van die impak en potensiaal van hul navorsing, publikasies en betrokkenheid by die gemeenskap. Adewumi is ‘n nadoktorale genoot van die Departement van Skone Kunste en Juweliersontwerp en sê dit voel goed om erken te word.
Nadoktorale student van DUT met internasionale toekenning vereer